Hoë verwagtinge in WB, maar Italië bly gunsteling
Rugby
Die relatiewe onaktiwiteit as 'n kombinasie op topvlak is 'n tekortkoming wat Namibië hoop om te oorbrug.
In elke wedstryd by elke Wêreldbeker-rugbytoernooi stap Namibië as die buiteperd op die veld met ’n vasbeslote ambisie om die appelkar om te smyt.
Kaptein Johan Deysel en sy manne het opnuut gelaaide wedsyfers teen hulle vir môre se eerste groep A-wedstryd teen die gedugte Italië.
Waarskynlik die grootste enkele faktor wat teen Namibië tel, is dat hy in die afgelope vierjaarsiklus sedert die vorige toernooi net 13 internasionale wedstryde gespeel het – waarvan geen teen lande in die topvlak van wêreldrugby
Die uiteinde hiervan is dat afrigter Allister Coetzee en sy uiteindelike uitsoekspan wat vanuit verskeie ligas in Europa, die VSA, Suid-Afrika, Namibië en selfs Australië versamel is, nog nie heeltemal so beproef onder die grootste druk is as wat hulle graag sou wou wees nie.
By die 2023 Wêreldbeker in Frankryk is die mees realistiese hoop dat die leerkurwe teen die bulspanne van Italië, die All Blacks en Frankryk sodanig sal wees dat die span wedstryd nommer 4 teen Uruguay die ongewenste etiket kan afskud dat hy nog nie tevore ’n wedstryd by ’n WB-toernooi kon wen nie.
Die gesamentlike ondervinding van vorige Wêreldbekers, asook professionele rugbykontrakte oorsee sal baie bydra om die Namibiërs in ’n hegte aanheid saam te snoer.
Hoewel sommige enkelinge aan beide kante terug is vir ’n herontmoeting ná 2019 se WB-wedstryd in Japan waarin Italië die Namibiërs met 47-22 oorskadu het, is daar ook verskeie nuwe gesigte wat oor die afgelope vier jaar hul kleim afgesteek het.
Coetzee se eerstehandse kennis nadat hy die Italiaanse span Rovigo sedert 2021 afgerig het, kan saam met die res van sy afrigterspan se beplanning tot Namibië se vertoning bydra.
AFRIGTERS
Coetzee het gister sy tevredenheid uitgespreek met die week se voorbereiding en die groep se aanpassing sedert hul aankoms in ’n nuwe land en ’n nuwe oefenveld.
“Almal is opgewonde om die eerste wedstryd by die Wêreldbeker te speel. Ons het ons Donderdagoggend-oefensessie afgehandel en reis nou na Saint-Étienne waar ons wedstryd gespeel word. Finale afronding en ons kapteinsoefening sal daar plaasvind. Ons is gelukkig met waar ons ons bevind en hopelik kan die manne Saterdag die vuurwerke lewer.”
Italië se Nieu-Seelandse afrigter Kieran Crowley sê: “Uiteraard het ons Namibië bestudeer en ons verstaan die soort spel wat ons dink hulle sal bring. Ons het ’n klompie opsies wat ons wil probeer, maar ons grootste fokus is op ons eie vertoning.
“Ons moet akkuraat wees in wat ons doen; ons moet die balbesit beheer, dieselfde as in enige wedstryd. Jy moet kalm by onder die druk wat hulle met tye op ons sal plaas. As ons in hierdie wedstryd dié drie dinge kan regkry, sal ons baie tevrede wees.”
Italië se span: 1 Danilo Fischetti, 2 Giacomo Nicotera, 3 Simone Ferrari, 4 Dino Lamb, 5 Federico Ruzza, 6 Sebastian Negri, 7 Michelle Lamaro (kaptein), 8 Lorenzo Cannone, 9 Stephen Varney, 10 Paolo Garbisi, 11 Monty Ioane, 12 Luca Morisi, 13 Juan Ignacio Brex, 14 Ange Capuozzo, 15 Tommaso Allan.
Reserwes: Haime Faiva, Ivan Nemer, Marco Riccioni, David Sisi, Manuel Zuliani, Martin Page-Relo, Paolo Odogwu, Pierre Bruno.
SEWESRUGBY
Die Namibië Rugby-unie se span wat volgende week in Harare in Afrika se kontinentale kwalifiserende toernooi vir die 2024 Olimpiese Spele gaan meeding, is dié week aangekondig.
Op 16 en 17 September ding die Namibiërs teen die gasheerspan Zimbabwe, Suid-Afrika se Blitsbokke, Kenia, Algerië, Zambië, Ivoorkus, Uganda, Burkina Faso, Nigerië, Tunisië en Madagaskar mee.
Slegs die toernooiwenner beklink ’n Olimpiese uitnodiging na Parys 2023, terwyl die verslane finalis nog ’n kans in ’n uitduntoernooi kry.
David Philander is die nasionale sewesspan se afrigter, wat tussendeur die pas afgelope NRU premierliga in 15-rugby en ’n paar gepaardgaande beserings hul bes gedoen het om ’n oefenprogram in te pas.
Namibië se sewesspan is Reinold Benade (kaptein, Trustco United), Hillian Beukes (FNB Rehoboth), Geraldo Beukes (FNB Kudus), Elmarco Beukes (Rehoboth), Peter Diergaardt (FNB Unam), Morgan Esterhuizen (FNB Western Suburbs), Niel Holtzhausen (FNB Wanderers), Johan Luttig (FNB Grootfontein), Shareave Titus (Unam), Danie van der Merwe (Wanderers), Darius von Solms (Wanderers) en Aljarreau Zaahl (Unam).
Philander en sy span word deur Bernice Döman (spanbestuurder) en Wilfred Bezuidenhout (spandokter) vergesel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie