‘Hoekom bedank die NNOK en NSC-topbestuur nie?’
Statebondspele
Die veteraan atletiekafrigter Letu Hamhola het die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) en die Namibiese Sportkommissie (NSC) beskuldig dat hulle die belange van te veel atlete oor die hoof sien wat nie noodwendig op elitevlak op hul bekendheid kan staatmaak nie, terwyl hulle ook die omgewing vir voortrekkery, rassisme en wanbestuur op administratiewe vlak bevorder.
Op ’n nuuskonferensie met die gewese Olimpiese baanatlete Tjipekapora Herunga en Agnes Samaria en die Paralimpiese medaljewenner Johannes Nambala langs hom, het Hamhola op die vooraand van die opening van die 2022 Statebondspele in Birmingham, Engeland verskeie besware op die lappe gebring.
Die gebruik dat vreemde afrigters aangewys word om saam met atlete na groot Speles te reis, eerder as die breiers wat die pad met hulle gestap het, is uitgewys.
Voorbeelde is genoem van konflik en stresvolle situasies in die aanloop tot Namibiese deelnames wat die lande se kanse op sukses op die groot verhoog in die kiem gesmoor het.
Hamhola het gesê ’n persoonlike vendetta met onbekende motiewe word gevoer om sy werk te frustreer.
“Ons wil kwessies op die lappe bring rakende georganiseerde diskriminasie, viktimisasie, leuens en sistematiese mislukking. Die NNOK het ’n klandestiene liggaam geword wat witmense voortrek.”
Oor laasgenoemde stelling het die afrigter uitgewys wie die missiehoofde vir internasionale Speles is sedert die NNOK onder die presidentskap van Abner Xoagub en met Joan Smit as sekretaris-generaal funksioneer.
By die 2014 Statebondspele was dit Dawie Augustyn – wat in 2015 weer in dié amp na die Statebond Jeugspele was. Vir die 2016 en 2020 Olimpiese Speles was dit Dawie Augustyn en Jesse Schickerling, en laasgenoemde was ook die missiehoof na die 2018 Statebondspele in Australië.
“Nou vir Birmingham 2022 is ek verward, want een oomblik word aangekondig dis Marja Woortman en die volgende oomblik hoor ons Joan Smit.”
Hamhola het ook uitgevaar teen die beweerde gebruik van nie-Namibiërs op die NNOK-raad.
“Die Sportwet bepaal lede mag nie langer as tien jaar in uitvoerende posisies dien nie, maar van die NNOK-lede het begin toe Agnes Samaria nog ’n aktiewe atleet was en is vandag nog daar.”
Hamhola het openlik gevra hoekom sommige administrateurs in die NNOK en NSC nog nie bedank het nie.
“In Namibië word niemand vir enigiets verantwoordbaar gehou nie.”
Hy het voorspel dat die missiehoof na die 2024 Olimpiese Spele in Parys opnuut ’n wit persoon sal wees, “want dames en here, ’n sebra verander nooit sy kleure nie”.
Volgens Hamhola toon Namibiese sportadministrateurs gereeld dat hulle nie op die details van atlete se fisieke of sielkundige veiligheid of welstand ingestel is nie.
“In 2014 het Beata Naigambo in die marathon in Glasgow ineengestort en is amper op die baan dood. Tot nou het ons nog nie ’n verslag gesien oor wat gebeur het nie.
“Verlede jaar het Helalia Johannes in Tokio se hitte nie by die waterpunte water gekry nie. Tjipekapora Herunga het vir die 2012 Olimpiese Spele gekwalifiseer, maar die NNOK het haar by die huis gelos.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie