Links is Reagan Craigg (NHU-president) saam met Jacquiline Pack van Bank Windhoek. Foto Verskaf.
Links is Reagan Craigg (NHU-president) saam met Jacquiline Pack van Bank Windhoek. Foto Verskaf.

Hokkie se beurs bult met stewige borgskap

Hokkie
Bank Windhoek het Woensdag aangekondig dat hy die Namibiese Hokkie-unie se binnenshuise liga met ’n bykomende N$300 000 vir 2022 gaan bederf.

Die president van die Namibiese Hokkie-unie, Reagon Graig, het Bank Windhoek vir dié steun bedank en gesê die borgskap sal baie help om te verseker dat spelers hul eie grense kan uitdaag en voortgaan om Namibiese hokkie op ’n interkontinentale en globale verhoog te plaas.

“Te danke aan dié borgskap het Namibië die liefling van Afrika-hokkie geword waar ons nasionale spanne gesag afdwing. Ons is trots om met Bank Windhoek verbind te word,” het hy gesê.

Die bank se uitvoerende beampte vir bemarking en korporatiewe kommunikasie, me. Jacquiline Pack, het gesê Bank Windhoek is geen nuweling in Namibiese hokkie nie en dat hulle sedert 2015 die sport met ’n finansiële belegging van byna N$1,4 miljoen ondersteun het.

“Ons glo in die transformerende krag van spansport. Ons glo in die impak wat dit in die lewens van gewone Namibiërs maak. As ’n werklik 100 persent Namibiese maatskappy en ’n verantwoordelike korporatiewe burger, glo ons Namibië is ’n beter plek is omdat Bank Windhoek hier is. Ons is nie net ’n trotse borg van hokkie nie, maar ons ook trotse ambassadeurs van die spel,” het sy gesê.

“Bank Windhoek glo aan positiewe verandering en is ’n trotse lid van Capricorn Group. Bank Windhoek is oortuiging dat hokkie die potensiaal het om ’n gesonde gemeenskap en ’n gesonde samelewing te bevorder,” het Pack bygevoeg.

Pack het ook hulde gebring aan wyle mnr. Marc Nel, die vorige NHU-president wat in 2021 oorlede is. Sy het gesê Nel het dit ’n punt gemaak om ’n sterk verhouding met die bank te kweek.

Die rimpeleffek van sy nalatenskap is een van die faktore waarom hokkie as een van die mees vooruitstrewende sportkodes in Namibië beskou kan word, het sy gesê.

Pack het die NHU en die spelers sterkte vir die komende seisoen toegewens.

“Hou aan met die goeie werk, geniet die spel en hou hokkie die topsport in Namibië,” het sy gesê.

Die binnenshuise hokkieliga sal in Mei tot ’n einde kom wanneer die onderskeie spanne van die premier-, reserwe- en eersteliga vir oulaas bots.

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!