Honderd myl deur Afrika-veld is nie vir sissies
Veldwedloop
P.C. Visser se voltooiing van 'n persoonlike uitdaging oor 100 myl het bewondering afgedwing.
Die Windhoekse drawwer en natuurentoesias P.C. Visser het onlangs sover bekend die eerste 100 myl (160 kilometer) solowedloop oor bykans elke berg en heuwel rondom Windhoek te voet afgelê.
Agt-en-twintig ure en 35 minute ná sy wegspring by Elisenheim noord van Windhoek het hy uiteindelik aan die suidelike buitewyke van die hoofstad klaargemaak met sy Strava-toepassing wat gemeet het dat sy lopie van 160.9 kilometer die totale vertikale klimgedeeltes op meer as 4 300 meter te staan gebring het.
Visser sê hy het sowat vyf jaar gelede as ’n drawwer aktief begin raak nadat ’n vriend hom eendag by ’n kuierplek uitgedaag het. “Die vriend het intussen opgehou, maar ek het aangehou te danke aan die drawwersgogga wat gebyt het en die genot wat ’n mens daaruit put.”
Sy persoonlike doelwit om 100 myl te voet te voltooi, is verlede jaar gebore nadat hy in Suid-Afrika ’n 100 km-uitdaagveldwedloop voltooi het.
Hy sou in Julie 2022 sy 100 myle aangepak het, maar het 40 km gevorder voor hy nie meer verder kon nie. In November het hy ook deelname aan ’n 100-myler in Suid-Afrika beplan, maar het toe vooraf siek geword.
Sy verjaarsdag 5 Februarie is toe as die sperdatum vasgestel. Hy het dus die vorige dag by Elisenheim weggespring en elke berg via Avis, Eros, Klein-Windhoek en Auasblick gevorder voordat hy die laaste deel by IJG Trials voltooi het.
Visser sê hy is baie dankbaar vir sy ondersteuningsgroep wat hom bygestaan het om gehidreer te bly, asook vir die toegang tot lodges en plase wat hy vooraf gereël het.
“Die soloresies het wonderlik begin met entoesiasme van my vriende en hul kinders by die wegspring by Elisenheim, maar dit was nie lank nie, voor die Namibiese son gesê het hallo, hoe gaan dit.
“Ek het ’n laagtepunt beleef toe ek in die heuwels in Eros onder ’n boom sit en rus en oor al my lewensbesluite nagedink het en hoekom ek hier is. Dit was omtrent 42 grade Celsius, ek het net 400 milliliter van my 3 liter water oor gehad, met nog 7 kilometer voor ek weer een van ons waterpunte kon bereik.
“Ek het toe nog net 36 kilometer afgelê. Ek het gereken ek sou nooit die hele ding kon klaarmaak nie, maar die entoesiasme van die groep het my nuwe lewe gegee en ’n vriendin uit Australië het die volgende 30 kilometer saam met my gehardloop. Daar was wolkbedekking en dit was koeler en ek was weer gehidreer en het vars gevoel.
“’n Vriend het my beenspiere gemasseer en ek was weer reg om voort te gaan.
“Om 09:00 die Saterdag weg te spring, die hele dag en nag te voet af te lê en die volgende oggend weer die son oor die Auasberge te sien opkom, was net iets onbeskryflik mooi.
“Op dag twee het dit weer warm geword, maar nou was ons in Farm Windhoek se IJG Trials en kon ’n paar baanrondtes binne ’n meer beperkte radius vir die laaste kilometers voltooi. Die Sondag 13:30 was ek klaar.
“Ek was verbaas dat ek die hele afstand net baie water en energiejel ingeneem het en niks geëet het voor die wonderlike ‘hot dog’ by die eindstreep nie.
“Indien jy wel so gek soos ek is om so ’n lang uitdaging in die Afrika-son te wil aanpak, kan ek maar net sê jy sal ’n ondersteuningspan nodig hê en dat jy terdeë sal verstaan dat ‘Water is Lewe’. Minstens ’n halwe liter per uur, of meer as dit baie warm is.”
VOLGENDE TAAK
Volgens Visser is hy nie van nature iemand wat van padwedlope hou nie, wat vir hom gou vervelig raak. Veldwedlope en die natuur is vir hom meer voortdurend stimulerend.
Voor die einde van 2023 het hy nog twee uitdagings in die oog, insluitend een in Namibië.
Die Brandberg Backyard Ultra in Julie is ’n 24-uur uitdaging om te bepaal wie die langste kan uithou. Deelnemers het ’n 6.7 km afstand wat heen-en-weer herhaal word en wat elke keer binne 60 minute voltooi moet word.
In die Kaap wag die UTC 100-mylwedloop ook op hom aan die einde van November.
• Ons volledige ateljee-onderhoud in Visser se eie woorde is gister op Sport Wrap se daaglikse uitsending op Facebook te sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie