• Tuisblad
  • Sport
  • Hoogspringers, naellopers bring medaljes uit VSA
No Image Caption

Hoogspringers, naellopers bring medaljes uit VSA

Atletiek
Tielman Van Lill
Veertien Namibiese junior baan- en veldatlete het by die Nike Outdoor Nationals by die Hayward Field-stadion in Eugene, Oregon, in die VSA deelgeneem en nege medaljes opgeraap. Die eerste ses posisies in ’n finaal kry medaljes. Die 4x100-aflosspan van Walter Geinub, Jose Kambanzera, Guanito Noble en Magano Naseb het ’n vyfde plek behaal (42.84 s) en het dus medaljes ontvang. Die individuele medaljes is in die opkomende elite-afdeling gewen. Van links agter staan Benjamin Hendrickse (vyfde in hoogspring, 1.91 meter), Magano Naseb (tweede 200 m in 21.94 s, asook 4x100-aflos), Jose Kambanzera en Walter Geinub (beide 4x100-aflos), Karsten Diergaardt (tweede hoogspring, 1.96 meter) en Guanito Noble (4x100-aflos). Voor is Adara Gey van Pittius (eerste in hoogspring, 1.64 meter) en Arizhia van der Walt (vierde in hoogspring, 1.59 m). Foto Athletics Development Club Namibia

Kommentaar

Republikein 2025-04-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer