Namibië het in Julie vanjaar in Tanzanië vir die 2024 o.19 Wêreldbeker gekwalifiseer. Namibië is in groep C saam met Australië, Sri Lanka en Zimbabwe geplaas.
Namibië het in Julie vanjaar in Tanzanië vir die 2024 o.19 Wêreldbeker gekwalifiseer. Namibië is in groep C saam met Australië, Sri Lanka en Zimbabwe geplaas.

ICC skuif o.19-WB-toernooi na Suid-Afrika

Krieket
Johann de Jager
Die Internasionale Krieketraad (ICC) het die komende o.19-Wêreldbekertoernooi van Sri Lanka na Suid-Afrika geskuif.

Dié besluit volg op die onlangse skorsing van Sri Lanka ná inmenging van sy regering by dié eilandnasie se krieketsake.

Die ICC se ringkoppe het Dinsdag in Ahmedabad in Indië vergader en die voorwaardes van die skorsing van Sri Lanka Krieket bevestig.

Nadat hy Sri Lanka se saak aangehoor het, het die ICC besluit dat Sri Lanka intussen steeds aan bilaterale krieketreekse en ICC-byeenkomste mag deelneem.

Fondse waarop Sri Lanka Krieket geregtig is, sal egter intussen deur die ICC bestuur word.

Die ICC-direksie het ná die vergadering bevestig Sri Lanka sal nie meer die gasheer van die o. 19-Wêreldbeker-toernooi wees nie.

Die toernooi sal volgens berigte nou van 13 Januarie tot 4 Februarie in Suid-Afrika gehou word.

Suid-Afrika se jaarlikste T20-glansreeks, die SA20, begin op 10 Januarie, maar Krieket Suid-Afrika het glo ingestem om drie stadions beskikbaar te maak vir die o.19-Wêreldbekertoernooi.

Geen besonderhede hieroor is in dié stadium bekend nie en die datums en velde moet nog bevestig word.

Die Mangaung Oval in Bloemfontein kan een van die velde wees omdat die Rosestad nie ’n SA20-franchise het nie.

Die SA20-franchises is in Johannesburg, Centurion, die Paarl, Kaapstad, Gqeberha en Durban geleë.

Potchefstroom, Kimberley en Oos-Londen kan derhalwe ook as gasheerstede ter sprake kom.

Die verskuiwing van die o.19-Wêreldbekertoernooi beteken dat Suid-Afrika die toernooi ’n derde keer gaan aanbied nadat hy in 1998 en 2020 ook die gasheer was.

Suid-Afrika het ook vroeër vanjaar die o.19-WB-toernooi vir vroue, asook die T20-WB-toernooi vir vroue aangebied.

Die o.19-WB-toernooi vir mans kan in 2026 weer in Afrika – in Zimbabwe en Namibië – gehou word.

– Netwerk24/cricbuzz.com/cricket.com

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!