Individue en spanne korrel akkuraat by Otjiwa

Jaggeweerskiet
Tielman Van Lill
Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) het die afgelope naweek sy streekskompetisie by Otjiwa Safari Lodge naby Otjiwarongo gehou waar korporatiewe besighede ook deelgeneem het.

Skuts van verskeie ouderdomme kon in 13 afdelings prys wen wat die gewilde .222/.223-klas insluit. Die terrein was opnuut ’n uitdaging en die alom teenwoordige lugspieëling van die hitte het sake nie vir die deelnemers vergemaklik nie.

Met interessante skietposisies op ses verskillende skietbane na ghongs, lewensgrootte rooibok-, hartbees-, springbok- en dassieteikens kon die skuts op elke dag ’n maksimum totaal van 900 punte opraap.

Die voorste uitslae:

Penkoppe: 1 Dawid du Toit, 2 Daniel du Toit, 3 Anja-Mari van der Merwe.

Veterane: 1 Francois Blaauw, 2 JWF Kannemeyer, 3 Ella Blaauw.

Senior mans: 1 Francois Marais (senior), 2 WP Barnard (sr.), 3 Thorsten Klos.

Vroue: 1 Bets-Marié Coetzee, 2 Silke Katelin Grobler, 3 Karola Marais.

Mans: 1 Francois Marais (junior), 2 Schalk Muller, 3 Alwin Louw.

Bronsklas: 1 Johannes Jacobus Liebenberg, 2 JWF Kannemeyer, 3 Reinhardt Liebenberg.

Silwerklas: 1 Bets-Marié Coetzee, 2 Dirk Johan Wessels, 3 Jacobus van Schalkwyk.

Goudklas: 1 Francois Marais (jr.), 2 Francois Marais (sr.), 3 Schalk Muller.

Algeheel: 1 Francois Marais (jr.), 2 Bets-Marié Coetzee, 3 Francois Marais (sr.).

.222/.223-klas: 1 Francois Marais (jr.), 2 Francois Marais (sr.), 3 Gerhard Pelser.

Korporatiewe spanskiet: 1 Otjiwa 1, 2 Wittes Marais Gunworks, 3 Agra.

Ghong-uitdaging: 1 Francois Marais (jr.), 2 Francois Marais (sr.), 3 Michael Barlow.

Die NHRSA sê: “Baie dankie aan al die korporatiewe maatskappye wat ingeskryf het, asook elke individuele skut wat die naweek onvergeetlik gemaak het.

“’n Groot dankie aan ons borge Torga Optical, Butt Archery Suppliers en Otjiwa Safari Lodge vir ’n onvergeetlike geleentheid.

“Op 11 en 12 November bied ons die Sven Ahrens-gedenkbeker by Gochas by die Auob Lodge aan. Aanlyn-inskrywings kan by www.practiscore.com gedoen word. Vir meer inligting besoek gerus www.nhrsa.com.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!