Van links is Shaun Powell (Gravity Sports), Johan Zaayman (hoofafrigter van Windhoek Afrikaanse Privaatskool), Jannie de Beer (direkteur van rugby by Windhoek Gimnasium) , Sakaria Nghikembua (Momentum-groep se uitvoerende hoof) en Johan Bekker (voorsitter van WHS-rugby). Foto verskaf
Van links is Shaun Powell (Gravity Sports), Johan Zaayman (hoofafrigter van Windhoek Afrikaanse Privaatskool), Jannie de Beer (direkteur van rugby by Windhoek Gimnasium) , Sakaria Nghikembua (Momentum-groep se uitvoerende hoof) en Johan Bekker (voorsitter van WHS-rugby). Foto verskaf

Internasionale skolerugby kom na Vegkop

Skolerugby
Spogskole uit die Kaap en Mpumalanga, asook Zimbabwe, kom in Julie in die hoofstad rugby speel.
Tielman Van Lill
Die eerste Momentum Namibia Jeugrugby-uitnodigingstoernooi (met Gravity Sports as ondersteunende borg) is Vrydag in die hoofstad bekendgestel sal van 11 tot 15 Julie by Windhoek Hoërskool se FNB Vegkopstadion sal plaasvind.

Twaalf hoërskoolspanne sal in die mini-toernooi vir o.19’s koppe stamp. In die verlede het die organiseerders net Namibiese skole ingespan. Vanjaar kry die kompetisie egter ’n internasionale geur met skole van Suid-Afrika en moontlik Zimbabwe wat saam kom rugby speel.

Tot dusver het Peterhouse Boys’ School (Zimbabwe), HTS Middelburg, Paarl Boys’ High en Rondebosch reeds hul deelname bevestig.

Een van die voordele wat deur die organiseerders uitgewys word, is dat meer ouers die kans sal kry om hul kinders op eie bodem teen sterk opposisie te sien speel, as wanneer Namibiese skole toere na Suid-Afrika onderneem.

Op Dinsdag 11 en Woensdag 12 Julie sal elke dag ses wedstryde gespeel word waar die Namibiese verteenwoordigers hul staal teen die besoekende skole moet wys.

Die Donderdag word drie laerskoolwedstryde aangebied met ’n Namibiese “Barbarianspan” in die hoofwedstryd. Die Barbarianspan word uit die ses Namibiese skoolspanne gekies.

Op die Vrydag volg uitspeelwedstryde om die finale puntestand op die punteleer te bepaal en die volgende dag sal drie eindstryde beslis word. Finale sal vir die skild-, plaat- en bekerkompetisies gespeel word.

Ses Namibiese hoërskole is genooi wat verlede jaar se wenners insluit. Die ses skole wat na verwagting sal inskryf en wat almal jaarliks ook in die Momentum o.19-ligas meeding, is HTS Windhoek, Privaatskool Moria, Pro-Ed Akademie, Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Windhoek Gimnasium en Windhoek Hoërskool.

WHS, Windhoek Gim en WAP het Vrydag by die bekendstelling amptelik hul uitnodigings ontvang.

Johan Barnard, hoofbeampte van Momentum Namibia wat as flank toetsrugby vir Namibië gespeel het en kaptein van die Westelike Provinsie was, het gesê: “Dis belangrik vir ons om by ’n kompetisie betrokke te raak wat goed georganiseer is en ons die Momentum-handelsmerk met genoegsame blootstelling kan bou.

“As dit ’n vinnige tref-en-trap ding is wat min waarde vir enigiemand agterlaat, stel Momentum nie belang nie. Ons borg die toernooi om nie net iets goeds vir die jeug en ander belanghebbende partye nie doen, maar ook iets goeds vir die land.

“Hierdie toernooi gaan in die toekoms groei en dis waar ons belangstelling lê. Daar was vir te lank niks gedoen nie, of dis halfhartig aangepak en ons moes aan die agterste speen suig.

“Ek het in my speeldae ’n klomp groot rugby gespeel, maar my gunsteling herinneringe bly die wedstryde in jou skool se trui.

“Skolesport is deel van die opvoedingsketting; jy word nie in graad vyf ’n dokter of ingenieur nie. Die saadjie word wel iewers geplant en die leerling kry sy grade agtermekaar om ná skool in ’n betrokke rigting te gaan studeer sodat hy/sy ’n professionele loopbaan kan volg.

“Byeenkomste soos die Momentum Namibia Youth Rugby Invitational is daar om spelers vir die toekoms voor te berei wat dan later ’n professionele speler kan word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!