IPL-spelers sal nie net weer by Protea-span instap
Krieket
Min mense sou aan die begin van die somer voorspel het dat Suid-Afrika súlke goeie uitslae sou behaal, sê Dean Elgar.
“Ons het ’n baie suksesvolle seisoen beleef, nie net as ’n toetsspan nie, maar ook as ’n krieketland. Dis nie ’n gelukskoot nie; daar is baie harde werk agter die skerms ingesit,” het Elgar, toetskaptein, Maandag ná die span se oorwinning met 332 lopies in die tweede toets teen Bangladesj gesê.
“Ons is op die regte pad. Ons doen die regte dinge. Daar is baie dinge om op voort te bou. My werk is nou om alles te hersien en ek sal dit in my aftyd doen.”
Sedert die T20-Wêreldbeker-toernooi in Oktober in die Verenigde Arabiese Emirate het die span in 19 wedstryde in alle formate gespeel en 13 daarvan gewen. In dié tydperk het hulle ’n toetsreeks en eendagreeks teen Indië gewen en ’n toetsreeks in Nieu-Seeland gedeel.
Hulle is tans gerieflik in die tweede plek op die ranglys van die Wêreldtoetskampioenskap – ’n groot ommeswaai van die sewende plek waarin hulle in die vorige kampioenskap geëindig het. Toe het hulle slegs drie oorwinnings in 11 wedstryde behaal. Nou het hulle reeds vyf wenne uit sewe wedstryde.
Elgar is veral verheug oor die spelersdiepte wat gebou is.
“Ons het vir spelers kanse gegee om te sien waaroor toetskrieket gaan. Ek is baie trots op die spelers,” sê hy.
“Die spelers wat ingekom het vir die spelers wat na die Indiese Premierliga toe gegaan het, het baie goed gevaar. ’n Speler soos Ryan Rickelton het ’n goeie voorsmaak van toetskrieket gekry en hy weet wat ons van hom op dié verhoog verwag.”
Volgens Elgar is dit glad nie ’n uitgemaakte saak dat veral kolwers soos Aiden Markram en Rassie van der Dussen, wat die IPL bo die reeks teen Bangladesj verkies het, net weer in die span gaan instap nie.
Die hoofafrigter, Mark Boucher, is dit met Elgar eens wat die span se dieptepoel betref.
“Ons het ’n goeie somer beleef. Daar was ’n paar goeie en ’n paar slegte wedstryde, maar ons het ons lesse uit die foute geleer,” sê Boucher.
“Ek dink ons diepte is goed. Toe ek in dié pos begin het, het ek gesê die diepte is nie heeltemal daar nie. Deur Covid het ons ’n paar spelers kanse gegee en dit begin nou vrugte afwerp. Dit is goed vir die span dat daar goeie mededinging is.”
Volgens Elgar is kolfwerk die een gebied wat nog skaafwerk nodig het. In die laaste drie reekse was daar slegs twee Protea-100-talle – een deur Sarel Erwee en een deur Kyle Verreynne, albei in die tweede toets teen Nieu-Seeland.
“Dit sou goed gewees het om nog ’n paar 100-talle te sien. Ek plaas ’n groot premie daarop,” sê Elgar.
“Veral die senior spelers. As ons goed begin, moet ons dit omskakel in groot 100-talle. Ons weet in hoe ’n goeie posisie dit jou plaas en hoeveel druk jy sodoende op die teenstanders plaas. Ons werk blerrie hard daaraan om 100-talle te slaan. Dalk moet ons nie so hard probeer nie.”
Elgar staan nou aan die einde van sy eerste volle seisoen as kaptein en sê dis ’n rol wat hy geniet.
“Ek hou van uitdagings. Dit is waarom ek steeds toetskrieket speel, al is ek amper 35. Ek glo my beste jare lê nog voor,” sê hy.
“As ek jonger was, sou ek dit dalk nie soveel geniet het nie. Dit help ook as jy goeie uitslae lewer, dan is dit makliker om kaptein te wees.”
Dis ’n groot voorreg om jou land se toetskaptein te wees, sê Elgar.
“Die afgelope jaar was baie uitdagend weg van die veld, maar ek het ongelooflike spelers rondom my. Hulle respekteer my as ’n speler en as ’n mens en hulle verstaan die tipe krieket wat ek wil speel. Hulle het daarby ingekoop.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie