Jaar vir groot droom na Olimpiese Spele
Atletiek
Die internasionale 2024-atletiekseisoen is laas naweek met tien binnenshuise byeenkomste wêreldwyd afgesit.
Die eerste John Thomas Terrier Classic-byeenkoms Vrydagaand in Boston, VSA, was vir die Suid-Afrikaanse middelafstandatleet Adrian Wildschutt ’n reusevertrekpunt.
Wildschutt (25) het reeds verlede jaar met 13 minute 2.46 sekondes in die 5 000 meter die kwalifiserende tyd vir die 2024 Olimpiese Spele (13:05:00) oortref.
Hy het Vrydagaand die eerste Suid-Afrikaner geword wat onder 13 minute op enige baan die 5 000 met 12:56.76 op die stophorlosie kon aflê. Sy vorige binnenshuise kortbaanrekord was 13:09.30.
Saterdagaand is hy boonop deur Atletiek Suid-Afrika as sy voorste mansatleet vir 2023 bekroon.
Die wêreldrekord (12:49.60) staan sedert 20 Februarie 2004 agter die naam van Kenenisa Bekele van Etihopië.
Met die 2024 Olimpiese Spele in Parys, Frankryk in gedagte, sal vele atlete graag soos Wildschutt vanjaar op hul beste wil wees. Wêreldatletiek se reeks kompetisies vir die room, die Wanda Diamantliga, skop juis op 20 April in Xiamen, China, af met die tweede kompetisie ’n week later in Sjanghai.
Die 17 items vir mans en vroue wat in die Diamantliga aangebied word, is 100 meter, 200, 400, 800, 1 500, 5 000, 3 000-hindernis, 100- (vroue) en 110 m-hekkies (mans), 400-hekkies, hoogspring, paalspring, verspring, driesprong, gewigstoot, diskusgooi en spiesgooi.
Net sewe items vir mans en vroue word om die beurt by die Diamantliga-byeenkomste aangebied. Die finaal vind in Septembermaand in Brussel, België, plaas.
Slegs die Spele in Parys van 26 Julie tot 11 Augustus onderbreek die Diamantliga.
DATUMS
Xiamen 20 April / Sjanghai 27 April / Katar, Doha 10 Mei / Marokko, Marrakech 19 Mei / VSA, Eugene 25 Mei / Noorwee, Oslo 30 Mei / Swede, Stockholm 2 Junie / Frankryk, Parys 7 Julie / Monaco 12 Julie / Brittanje, London 20 Julie / Switserland, Lausanne 22 Augustus / Pole, Silesia 25 Augustus / Italië, Rome 30 Augustus / Duitsland, Zurich 5 September / Diamantliga-finaal: België, Brussel 13 en 14 September.
KONTINENTALE WÊRELDTOER
WA se Kontinentale reeks het die afgelope naweek sy terugkeer met twee Challenger-byeenkomste in Hastings en Whanganui, Nieu-Seeland, gemaak.
Ongeveer 184 Gold-, Silver-, Bronze- en Challenger-byeenkomste sal tot 27 Julie wêreldwyd aangebied word. WA hervat sy program van 10 Augustus tot 11 September met ’n verdere 28 byeenkomste op die almanak.
Die Toerprogram vir die twaalf Gold-byeenkomste:
15 Februarie: Lakeside-stadion, Melbourne, Australië.
14 April: National-stadion, Gaborone, Botswana.
20 April: Nairobi, Kenia.
18 Mei: Drake-stadion, Los Angeles, VSA.
19 Mei: Tokio, Japan.
28 Mei: Mestský-stadion, Ostrava, Tjeggië.
9 Junie: Icahn-stadion, New York, VSA.
18 Junie: Paavo Nurmen-stadion, Turku, Finland.
21 Junie: Zdzisław Krzyszkowiak-stadion, Bydgoszcz, Pole.
7 Julie: FBK-stadion, Hengelo, Nederland.
9 Julie: Bregyó-atletieksentrum, Székesfehérvár, Hongarye.
8 September: Mladost-sportpark, Zagreb, Kroasië.
Nog dertig Silver-, 68 Bronze- en 102 Challenger-byeenkomste sorg vir ’n vol program wêreldwyd
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie