Jake se Bulle bring gehalte na Vegkop
Rugby
Die Bulle se span is gister aangekondig.
Twee van die groot gros nuwe Bulle-aanwinste – Sergeal Petersen en Jaco van der Walt – sal Saterdagaand in Windhoek ’n eerste keer vir die Ligbloues uitdraf wanneer hulle teen Namibië se skim-Wêreldbekerspan te staan kom.
Petersen, wat hom van die Shimizu Koto Blue Sharks in Japan by die Bulle aangesluit het en tevore ook ’n loopbaan by die Stormers en verskei provinsiale unies gehad het, begin op heelagter, terwyl Van der Walt die nr. 10-trui kry.
Van der Walt, tevore ook ’n Goue Leeu, het onlangs by Loftus Versfeld aangemeld nadat hy sedert 2017 vir Edinburgh gespeel het en Skotland in twee toetse verteenwoordig het.
Zak Burger (SA o.20 in 2018 en daarna Griekwas) begin as sy skakelmaat en Bernard van der Linde en Eugene Hare is die ander skrumskakels onder die tien plaasvervangers vir dié stryd.
Mpilo Gumede, voormalige losvoorspeler van die Haaie, en die slot Deon Slabbert, wat by die Pumas geleen word, reis ook saam vir die ontmoeting met die Welwitschias.
Die oud-Affie Reinhardt Ludwig (SA o.20 in 2018) is Slabbert se slotmaat en voer die besoekers aan.
Die kragtige Stravino Jacobs maak sy terugkeer op linkervleuel nadat hy in Januarie ’n ernstige enkelbesering opgedoen het.
Die Bulle-breier, Jake White, het die oud-Springbok Cornal Hendricks en Chris Smit as senterpaar gekies.
Op papier lyk beide die tuisspan én hierdie Bulle-span heelwat sterker en meer ervare as wat verlede jaar ook ’n vriendskaplike wedstryd in Windhoek gespeel het in ’n oorwinning met 47-12 vir die Bulle.
Die gesoute stut Jacques van Rooyen, skakelpaar Van der Linde en Juan Mostert is van die spelers wat ná verlede jaar terugkeer om die Namibiërs te teister.
OPWARMSTRYD
Saterdag se wedstryd, wat vandeesweek weens ’n nasionale byeenkoms vir Heldedag vanaf die Hage Geingob-stadion na die WHS Vegkopstadion verskuif moes word, dien as ’n Wêreldbeker-losmaker vir Namibië, wat deur die voormalige Springbok-afrigter Allister Coetzee gebrei word.
Pine Pienaar, voormalige verdedigingsafrigter van die Bulle, staan Coetzee in dié hoedanigheid by. Matthew Proudfoot, voormalige voorspelerafrigter van die Springbokke en Engeland, is ook een van Coetzee se adjudante.
Namibië ding in groep A teen die gasheerland, Frankryk, Nieu-Seeland, Italië en Uruguay mee. Al dié lande se spelersgroepe is reeds aangekondig.
Die Bulle begin hul aanslag in die Verenigde Rugbykampioenskap (2023-’24) op 22 Oktober tuis teen die Scarlets.
• Bulle: Sergeal Petersen, Sibongile Novuka, Cornal Hendricks, Chris Smit, Stravino Jacobs, Jaco van der Walt, Zak Burger, Mpilo Gumede, Mihlali Mosi, WJ Steenkamp, Reinhardt Ludwig (k), Deon Slabbert, Robert Hunt, Jan-Hendrik Wessels, Dylan Smith.
Reserwes: Jacques van Rooyen, Tiaan Lange, Simphiwe Matanzima, Ruan Venter, Phumzile Maqondwana, Bernard van der Linde, Cameron Hanekom, Juan Mostert, Eugene Hare, Kabelo Mokoena.
– Bygewerk van Netwerk24 (Cobus Claassen)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie