James wys Da Silva die pad

Gholf
Tielman Van Lill
Die Amerikaner Justin James, die vorige wêreldgholfkampioen in langdryfhoue (2017) en huidige nommer 2 ter wêreld, was gister in Mesquite, Nevada, vuur en vlam by die 2022 Professionele Wêreldlangdryfkampioenskap.

James was ná dag 1 groep D se voorloper in die ope-afdeling en die bal soos klokslag in elk van die vyf rondomtalie-rondtes verder as 369 meter geslaan.

In die tweede plek ná James is die amateurspeler Colton Kalkanis van Kanada. James se vinnigste balspoed het gister ’n verstommende 367 kilometer per uur geregistreer, wat tien sekondes lank in die lug gesweef het voordat dit grondgevat het. Die langste hou van sy loopbaan het hy verlede jaar met ’n indrukwekkende 445 m behaal.

James se titels tot verlede jaar sluit in die 2017 Wêreldlangdryf-titel, die 2020 Rockwell-reeks se gereelde seisoenkampioen; nommer een op die 2018 Wêreldlangdryf-ranglys; 2018 Tennessee Big Shots-kampioen; 2017 Bash vir Cash-kampioen, 2017 Bluff City Shootout-kampioen asook die 2021 Diamant in die Woestyn Ope-afdeling Kampioen.

Die huidige wêreldnommereen en verdedigende 2021 Wêreldlangdryfkampioen, Kyle Berkshire van die VSA, het vierde in groep A met 342 m geëindig, agter sy landgenoot Steve Kois wat die eerste posisie met 351 m ingeneem het.

In groep B het Taiga Tazawa van Japan eerste geëindig (352 m) met Sam Judah van die VSA wat die eerste plek (346 m) in groep C verower het.

Die oudleerder van Windhoek Hoërskool, Damian da Silva, is ook in Mesquite waar hy vandag vanaf 17:00 plaaslike tyd (02:00 Vrydagoggend Namibiese tyd) sy aanslag in die amateurafdeling sal begin. Die 23-jarige Da Silva is vol vertroue dat hy die finale kampioenskapsronde gaan haal wat Saterdagoggend om 10:30 (VSA-tyd) afslaan.

Mesquite is 15 uur agter Namibië.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!