Jandré, Zachary sluit seisoen op hoë noot af
Net tien van die 17 spanne wat Vrydagnamiddag in Swakopmund weggespring het, kon die strawwe twee dae oorleef.
In die Namcor Swakopmund-tydren oor twaalf spesiale sneltrajekte (SS’e) Vrydag en Saterdag moes verskeie spanne opnuut hul deelname voortydig beëindig.
Zachary Martin en navigator Melvin Gous het met uitstekende taktiese skuiwe die S2-klas vir sedanmotors ingepalm en die tydren algeheel gewen. Martin het sy 2x4 J&P Hydraulics VW Polo 2 L puik hanteer en die uitdaging in 1 uur 02 minute 15 sekondes uitoorlê.
Steven Marnevick en Jodine van Zyl se S1-klas 2x4 Hendeca Machinery Mitsubishi Lancer 1.6 L GT was weer sy ou self nadat hulle met die vorige byeenkoms in Augustus weens meganiese problem gedurende die derde sneldeel moes halt roep.
Die duo het Pieter Greeff en JP Robinson met 63 sekondes om die eerste plek in dié klas geklop en eindig algeheel derde in 1:09:19.
In die afdeling vir bakkies en soortgelyke sandmonsters (Challenge Class, CR1/CR2) was Jandré Dippenaar en Gielie Visser in die CR2-afdeling met sy brullende 4x4 PZN Panelbeaters V8 Ford Ranger 5 L onstuitbaar.
Dippenaar eindig in die eerste posisie met 1:00:37 op die stophorlosie, terwyl die broers Ewald en Hein Bischoff die CR1-klas in 1:07:41 wen en algeheel tweede in die bakkie-klas eindig.
Die volgende spanne kon nie die bedrieglike koningin en torings se truuks oorleef nie:
S1: Etienne van den Heever/Willy van Wyk (Nexus Group Holdings 2x4 VW Polo 2 L).
S2: Wido Bartsch/Raymond Fourie (Safewear 2x4 VW Polo 2 L GTi). Kai Pretorius/Katja Pretorius (Desert Cooling 2x4 VW Polo 2 L).
S3: Michael Kotze/Wayne Rust (JDM Racing 2x4 BMW M3 2.8 L).
S4: Wilro Dippenaar/Carolyn Swan (PZN Panel Beaters 4x4 Ford Fiesta S2000). Allan Martin/Ellaine Fokkins (J&P Hydraulics 4x4 Skoda Fabia R5 1.6 L Turbo). Oswaldo Mendes/Cecil Koorts (Sky-Way Fuels 4x4 Mitsubishi Lancer Evo 9 Turbo).
DIE VOORSTE UITSLAE
Algeheel (S1-S4): 1 Zachary Martin/Melvin Gous, 2 Gert Coetzee/Dalton Bezuidenhout (West Coast Alumimium & Glass 2x4-VW Golf 2 L GTi), 3 Steven Marnevick/Jodine van Zyl.
S1: 1 Steven Marnevick/Jodine van Zyl (1:09:19), 2 Pieter Greeff/JP Robinson (sealconsultingengineers 2x4 Toyota Corolla 1.6 L RXi) 1:10:22.
S2: 1 Zachary Martin/Melvin Gous (1:02:15), 2 Gert Coetzee/Dalton Bezuidenhout (1:06:03), Jannie Coetzee/George Coetzee (Compass Hardware & Glass Walvis Bay 2x4 VW Polo 2 L GTi) 1:11:30.
S4: 1 Dippies Dippenaar/Francisca van den Berg (PZN Panel Beaters 4x4 Ford Laser S2000) 1:14:13.
UITDAAGKLAS
Algeheel (CR1 & 2): 1 Jandré Dippenaar/Gielie Visser, 2 Ewald Bischoff/Hein Bischoff (Blue Chip 2x4 Nissan Hardbody 5 L V8), 3 Willie Schoeman/SJ Schoeman (Steckel’s Toyota 2x4 Hilux 2.8 L).
CR1: 1 Ewald Bischoff/Hein Bischoff (1:07:41), 2 Willie Schoeman/SJ Schoeman (1:11:39), 3 Werner Bartsch/Christel Fourie (Safewear 2x4 Ford Courier 3 L V6) 1:36:45.
ALGEHELE TOPDRIE SPANNE: 1 Jandré Dippenaar/Gielie Visser (CR2), 2 Zachary Martin/Melvin Gous (S2), 3 Gert Coetzee/Dalton Bezuidenhout (S2).
Skilpaaie: 1 Werner Bartsch/Christel Fourie (CR1), 2 Dippies Dippenaar/Francisca van den Berg (S4), 3 Willie Schoeman/SJ Schoeman (CR1).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie