Jeugakademies speel op Henties

Sokker
Die Hentiesbaai Sportakademie bied met trots sy jeugsokkertoernooi van Vrydag tot Sondag by die Omdel-sportveld aan.

Vanjaar se weergawe is groter en beter, met meer as tien akademiespanne in die ouderdomsgroepe onder 11, o.13, o.15 en o.17 wat meeding.

Drie spanne van die gasheerdorp (Hentiesbaai Sportakademie, Hentiesbaai United en West Coast) wag vir die buurdorp Swakopmund se viertal (Mondesa FC, SFC, Lindy Cosmos en Kanu Sokkerakademie) asook Playtime (van Walvisbaai), Karibib-sokkerakademie, Young Boys (van Arandis) en die verste reisigers, Professional Football Academy van Gobabis.

Die toernooi se koördineerder en voorsitter van Hentiesbaai Sportakademie, Paulus Shikongo, sê die deelnemende spanne het hard voorberei en toeskouers kan ’n groep opgewonde kinders op die veld verwag, met sterk kompetisie in meer as 30 wedstryde.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!