Jeugdiges trots Namibies by Spele

Statebond Jeugspele
Tielman Van Lill
Die 2023 Statebondjeugspele in Trinidad en Tobago (Trinbago) het tot dusver twee bronsmedaljes aan Namibië besorg.

Namibië se tweede medalje van die spele is deur die Paralimpiese T42-atleet, die 15-jarige Martha Nengola, in die diskusgooi behaal. Haar 11.05 meter was goed genoeg om Maandag brons aan haar by die Hasely Crawford-atletiekstadion te besorg. Die T42-klassifikasie is vir atlete wie se beweegvermoë in een been belemmer is.

Magano Naseb het in die 100 meter-uitdunne vierde in 10.86 geëindig. In die semifinaal was Naseb sesde in 11.05.

In die 1 500 m kwalifiseer Nyanyukweni Frans (derde) in haar semifinal met 4 minute 42.37 sekondes vir die finaal.

TRIATHLON

Namibië se A-aflosspan met Maja Brinkmann en Nathan Chase in die wedloop het gisteroggend in die Super Sprint sewende van 19 lande in 44 minute 6 sekondes by Bucco-strand geëindig.

Brinkmann was Sondag Namibië se eerste medaljewenner by die Spele met ’n individuele brons.

Die B-span met Chloe Rossouw en Fourie Steyn het 14de in 45:54 ingeklok.

Brinkmann en Chase het met uitstekende spanwerk net-net die sesde plek misgeloop teen Suid-Afrika A (43:54) wat hulle met 12 sekondes geklop het.

Australië (40:58) het die goue medalje opgeraap, terwyl Skotland (41:23) silwer en Jersey (41:37) brons gevat het.

Australië is so sterk dat sy B-span (42:32) ’n vierde plek verower het. 5 Barbados (43:22). 6 RSA, 7 Namibië, 8 Malta (44:12), 9 Bermuda (44:29), 10 Indië (44:54).

SWEM

Oliver Durand eindig eerste in 4 minute 37:67 sekondes met die 400-individuele wisselslaguitdun.

José Canjulo behaal ’n tweede plek (27.19 s) in sy 50 m- rugslaguitdun, maar in die finaal eindig hy sewende in 27.24.

In die 100-vryslag was Durand tweede in 53:32 met Canjulo agtste (57.14) in die uitdunne.

Canjulo was in sy 50-borsslaguitdun eerste met 29.41 en dring deur na die eindrondte, waar hy vyfde (29.42) geëindig het.

Gister het Canjulo (1:05.14) opnuut sy staal in die 100- borsslaguitdun gewys. Durand behaal 4:16.27 vir ’n agste plek.

FIETSRY

Theuns van der Westhuizen (1 uur 33 minute 55 sekondes) behaal ’n tiende posisie in die padresies, terwyl aan Adrian Key (dieselfde tyd) ’n 16de plek toegeken word. Hulle is gelyktydig met 15 jaers in ’n bondel oor die wenstreep by die Brian Lara-krieketstadion.

Die medaljewenner was Oisin Ferrity (goud) van Noord-Ierland enMax Bufton van Wallis (albei 1:33:05), met Newjoe Lau van Maleisië (1:33:25) derde.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!