Jewels wen, maar Waya wil teen RSA beter sien
Netbal
Namibië se Debmarine Desert Jewels het gistermiddag by die Rembrandt-saal by Tukkies in Pretoria hul kwalifiseringsveldtog vir die 2023 Wêreldbeker in Kaapstad met ’n oortuigende oorwinning van 54-40 teen Tanzanië op dreef gekry.
Die Jewels se hoofafrigter en oudspeler van Malawi, Mary Waya, was uiteraard ingenome met haar span se vertoning, maar het gevoel daar sal aan seker aspekte van hul spel geskaaf moet word.
Waya het gesê: “Die span het goed presteer en ek is bly ons het die eerste wedstryd van die toernooi gewen, maar die spelers het baie ongedwonge foute gemaak en dis nie hoe ek die toernooi wou begin het nie.
“Ons sal aan die foute werk. Maandag (vandag) sal julle ’n ander Namibiese span teen Suid-Afrika op die baan sien.
“Ek is nie tevrede met ons doelpersentasie nie en die hanteerwerk was glad nie na wense nie.
“Ek het al die spelers ’n kans gegee om die ys te breek, die gevoel te kry en om hulle selfvertroue te bou. Ek verwag van elke speler om ’n beter vertoning in die volgende wedstryd te lewer.”
Anna Kaspar, onderkaptein en speler van die wedstryd, het gesê: “Ons is gereed vir die volgende botsing en gaan dit ewe hard as ons teenstanders speel.
“Ons selfvertroue is 95 persent, die ander vyf is dat ons nie weet wat gaan gebeur nie. Ek dink ons kombinasies is 100 persent, maar ons sal met elke doelkans seker moet maak die bal val deur die ring.
“Vandag se wedstryd was fisiek en beslis ’n uitdaging. Ons is vol vertroue dat ons dit deur die groepfase sal maak.”
Namibië is in groep A saam met Suid-Afrika, Botswana, Tanzanië en Zimbabwe. Tanzanië het sy wedstryd teen Suid-Afrika gister met 37-60 verloor.
Die gasheerland het reeds vir die Wêreldbeker gekwalifiseer, maar twee van die deelnemende Afrika-spanne in Pretoria kan ook tot Kaapstad 2023 deurdring.
Die Jewels wat gister gespeel het, was Lisa Kruger, Anna Kaspar, Eve Kamatushi, Monica Gomases, Monique Basson, Cornelia Mupenda, Emmy Kutako, Mwale Mulenamaswe, Loide Hanyanya, Nelandré Mostert, Imbileni Frans, Tilly Kamati en Selma Bittler.
• Namibië se skedule dié week: VANDAG teen Suid-Afrika (18:00); DINSDAG teen Zimbabwe (12:00); WOENSDAG teen Botswana. Die uitspeelwedstryde en semifinale is Vrydag, voor die bronsfinaal en eindstryd Saterdag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie