Reagon Graig (links), president van die Namibiese Hokkie-unie, eergisteraand saam met die o.16-meisiespan by die oorhandiging van die nasionale kleure voor die inkomende Zimbabwe-reeks. Foto verskaf
Reagon Graig (links), president van die Namibiese Hokkie-unie, eergisteraand saam met die o.16-meisiespan by die oorhandiging van die nasionale kleure voor die inkomende Zimbabwe-reeks. Foto verskaf

Jonger geslag kry kanse om vernuf te wys

Hokkie
Oor die komende dae het hokkieliefhebbers veel om na uit te sien.
Andrew Poolman
’n Opwindende reeks met oorkruiswedstryde tussen die o.16- en o.18-hokkiespanne van Namibië en Zimbabwe begin vandag by Windhoek Hoërskool se Davin Astro.

Met vier spanne elk in beide die seuns- en meisieskompetisies behoort die reeks nie net vir die afrigters insiggende aanduiders van die toekomstige vooruitsigte te bied nie. Toeskouers kan verseker wees van kompeterende wedstryde in die aanloop tot Saterdagnamiddag se bronsfinale en eindstryde.

“Dis ’n wonderlike tyd vir Namibiese hokkie en baie opwindend dat Zimbabwe vier spanne hierheen bring,” sê Melissa Gillies, ’n lid van die nasionale o.18-meisies se afrigtingspan.

“Geoordeel aan die vertonings van die Zimbabwiese senior mans- en vrouespanne wat verlede jaar in Augustus hier getoer het, is daar beslis goeie dinge in die buurland se hokkie aan die gebeur. Op die sosiale media van hul hokkie-unie is ook aanduiders dat die sport daar aan die vooruitgaan is.

“Die Zimbabwiese vroue het verlede jaar ’n goed gestruktureerde patroon gehad met vinnige hardloopwerk en ’n snelle tempo.

“Oor die volgende dae behoort ons beslis goeie mededinging te sien. Die eerste wedstryddag sal ons ’n kyk gee na elke land se interne derbywedstryde, onder 16 teen onder 18, wat behoort te help om die vroeë senuagtigheid uit die pad te kry. Hopelik sien ons nie te veel groot skokke nie!”

Gillies is opgewonde oor die vlak van talent wat tans in Namibië deurkom.

“Ek het van die o.16’s en o.18’s in die Wanderers Aandliga gesien speel, wat as ’n platform gebruik is om hulle wedstrydtyd voor die Zimbabwe-reeks te gee. Dit sal opwindend wees om te sien hoe die jonger spelers die uitdaging van ’n vaardige en fikse Zimbabwiese span hanteer en hand opsteek dat hulle op die pad vorentoe die kerngroep kan vorm.”

Die verkose Namibiese spanne:

Meisies Namibië onder 18: Jaime Gillies (kaptein), Zoë Nott (onderkaptein), Onique Bezuidenhout, Marlene Coetzee, Nicola Fourie, Kerrin Gillies, Annica Higgs, Kyla Gille, Tamara Grögli, Anri Jacobs, Mia Karsten, Kyla Landsberg, Anine le Roux, Milah Malan, Erin Moffett, Marika Neethling, Alice Rowles, Vauaa Tjingaete.

Afrigters: Kagiso Mosiane, Melissa Gillies, Suné Wittmann. Spanbestuurder: Annemie Higgs.

Seuns Namibië onder 18:Jack Fourie (kaptein), Connor Murphy, Juan Swanepoel, Iwann van Staden, Ruben Smith, Xander van Rooyen, Dewald le Grange, James de Jager, Ludwig van Rooyen, Rudi Prinsloo, Samuel Venter, Christiano Festus, Dillan Sinclair, Keon Azadeh, Kieron Christ, Marcus Olivier, Rylan Bombosch, Willem Lourens, Johan Junius. Afrigters: Siyabonga Martins, Christopher D’Alton. Spanbestuurder: Hilke Kruger.

Meisies Namibië onder 16: Abigail Rowles (kaptein), Catherine Mvula, Catriona Januarie, Danica Retief, Daniella van Coller, Ema Brink, Jessica Gresse, Juané Brand, Kaylee Oehley, Frances McCarthy, Maryke Kruger, Sienna Richards, Tayla du Plessis, Tuli Nott, Yasmine Milho, Zoë van Niekerk. Afrigters: Sumari Jans en Janine van Wyk. Spanbestuurder: Bianca Retief.

Seuns Namibië onder 16: Lyle Bruys (kaptein), Abraham Graham, Daniël Janse van Rensburg, Enzo Martins, Ethan January, Hercules Oosthuizen, Jadon McNally, Jörn Erdmannsky, Kotji Tjiteere, Liam Bruys, Marco Wessels, Mark Wallace, Markus Botes, Shayan Azadeh, Stefan le Grange, Uaseinina Kahuure, Zach Ohilander. Afrigters: Britta Haensel en Johan van Rooyen. Spanbestuurder: Delano January.

VANDAG se wedstrydbepalings:

15:00, Meisies, Namibië o.16 tn Namibië o.18.

16:30, Meisies, Zimbabwe o.16 tn Zimbabwe o.18

18:00, Seuns, Zimbabwe o.16 tn Zimbabwe o.18

19:30, Seuns, Namibië o.16 tn Namibië o.18

• Vrydag en Saterdag se wedstrydbepalings verskyn binne in Sport Wrap.

Kommentaar

Republikein 2024-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A