Jonges gebruik kanse in Winterreeks
Krieket
Die driehoekige T20-winterkrieketreeks wat op 21 Mei by die Unam-veld in Windhoek begin het, is die afgelope naweek afgehandel met die Unam Zebras wat Namib Diesel met 24 lopies in die eindstryd verslaan het.
Onder 12- en o.16-spelers is ter ontwikkeling by die reeks tussen die Unam Zebras, Namib Diesel en Run Whisperers ingesluit. Ongeveer 20 jong spelers het speelkans gekry om hulself teen senior spelers te meet.
Mika Mutumbe, kaptein van die Zebras en tevore ’n bouler vir die nasionale Richelieu Eagles, was met 203 lopies, drie paaltjies en vier vangskote die beste senior speler.
Luca Micillo is die mees waardevolle junior speler, terwyl Nyasha Nyasha die topkolwer met 303 lopies was. Carlo van Dyk met vyf paaltjies was die voorste bouler en Malan Esterhuizen die beste veldwerker met vyf vangskote. Dheniel Terblance het die beste vangskoot raakgevat.
Abri Oberholzer is as die beste o.16-speler en JW Junius as die beste o.12-speler bekroon.
Tydens die kompetisie is 275 viere en 109 sesse geslaan. NamBatDoctor was die hoofborg van die toernooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie