Jonges gee hul beste in Junior Meesters
Tennis
Laas Vrydag en Saterdag se Trustco NTA Junior Meesters-tennistoernooi het sy aansien bevestig as die grondslag van waar die land se toekomstige tennissterre bekendgestel word.
Die Meesters is weer eens bewys as een van die toptoernooie vir juniors op die jaarlikse kalender. Deelname is slegs op uitnodiging, met spelers wat hul plek verdien op grond van ranglyspunte wat deur die jaar opgebou word.
Seuns- en meisiespelers van alle ouderdomme, vanaf onder 10 tot o.18, het in die opwindende toernooi meegeding.
Vrydag se eerste rondte wedstryde by die Sentraal-bane in Olympia was reeds intens.
Op ’n warm Saterdagmiddag was die mededing tussen die juniors op die baan al hoe sterker.
Lucky Gawanab, visepresident van die NTA, het by die openingseremonie sy dankbaarheid teenoor Trustco uitgespreek.
“As ’n tennisvereniging is ons diep geëerd om die standvastige steun van ons hoofborg, Trustco, te hê. Julle het bygedra tot die vordering van junior tennis die afgelope jare,” het Gawanab gesê.
Neville Basson, Trustco se hoof van korporatiewe kommunikasie, het die juniors geprys vir hul toewyding en sportmangees.
Daniël du Toit, voorsitter van junior tennis in Namibië, sê: “Dit bly ’n voorreg om met die Trustco-groep te werk om junior tennis aan die voorpunt van junior sport in Namibië te hou. Die vennootskap stel ons in staat om tennisspelers vanaf grondvlak te kweek en gemeenskappe wyd en syd oor die land te bereik.”
Die voorste uitslae:
Seuns onder 10: 1 Shafishina Shimali, 2 Breyton Bezuidenhout, 3 Christiaan du Plessis.
Meisies onder 10: 1 Janice Bezuidenhout, 2 Roze van Wyk, 3 Niamey Marcus.
Seuns onder 12: 1 Johan Theron, 2 De Witt Bergh, 3 Tadiwa Mombeyarara.
Meisies onder 12: 1 Emma Brinkmann, 2 Linda Alemu, 3 Erica Nakusera.
Seuns onder 14: 1 Lian Kuhn, 2 Luan Brand, 3 Abraham Alemu.
Meisies onder 14: 1 Minenhle Moyo, 2 Mari van Schalkwyk, 3 Joanivia Bezuidenhout.
Seuns onder 16: 1 Ruben Yssel, 2 Eduan Scholliji, 3 Ruan Calitz.
Meisies onder 16: 1 Leandre Louw, 2 Susanna van der Walt, 3 Anelmie Herholdt.
Seuns onder 18: 1 Sarel Janse van Rensburg, 2 Oliver Leicher, 3 Dian Calitz.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie