Josef vir tweede keer geweeg
Boks
’n Afrika-titelgeveg van die Wêreldboksorganisasie (WBO) sal einde aanstaande maand by die Paresisstadion in Otjiwarongo plaasvind.
Die Namibiese vlieggewig Immanuel “Imms” Josef (29), sal sy kontinentale titel in dié gewigsklas (50 tot 51 kg) op 30 April vir die tweede keer op die spel plaas.
Hy het dié vakante kampioengordel op 24 Julie 2021 in Port Elizabeth by Sihle Jelwana (27) van Suid-Afrika met ’n uitklophou in die vyfde ronde afgeneem.
Josef van die MTC Salute-boksakademie in die hoofstad, het sy titel in Desember die eerste keer suksesvol verdedig.
Hy het die 22-jarige Tanzaniese hotklou Muhsin Kizota met ’n eenparige puntebeslissing oor tien rondes (97-92, 98-91, 98-91) by die Windhoek-Buiteklub gestuit.
Sy vegrekord is 13 oorwinnings, vier verloor en een gelykop, met sewe uitklophoue. Met sy toetrede tot die beroepskryt in 2014 het hy sy eerste twee gevegte met punte verloor, daarna nege op ’n streep gewen en toe twee keer op vreemde bodem in Suid-Afrika verloor. Sedertdien het hy weer sy laaste agt gevegte opeenvolgend gewen.
Josef word nie deur die WBO onder die topvyftien vlieggewigte op sy wêreldranglys gereken nie. Junto Nakatani (24) van Japan is die heersende WBO-wêreldkampioen.
Kriata Kamanya, voorsitter van die MTC Salute-boksakademie, sê die WBO het nog nie ’n uitdager vir Josef aangewys nie.
“Sy teenstander moet nog deur die WBO bepaal word, maar dit het tyd geword dat hy weer sy titel moet verdedig. Ons het besluit om die boksfees in Otjiwarongo aan te bied, want ons wil straatkinders wys dat sport ’n toekoms bied,” het hy gesê.
Salute beoog ’n propvol vegprogram vir die aand, insluitend ’n terugkeer na die kryt vir die middelgewig, Lukas “The Demolisher” Ndafoluma (20-4, 10 uitklophoue).
– Bygewerk van Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie