JP Kotzé, Leicher in groep teen Uganda
Krieket
Die Richelieu Eagles sal vandag 13:00 by die United-veld in Olympia hul eerste van drie internasionale T20-wedstryd van die Castle Lite-reeks teen Uganda speel.
Die Ugandese Krieketvereniging het op 31 Maart ’n borgskap van sowat N$290 912 van Plascon Uganda ontvang om die Kraanvoëls se toer van 6 tot 15 April na Namibië moontlik te maak.
Vir Namibië is dit belangrik om al drie sy IT20-uitstappies teen Uganda te beklink. Die Kraanvoëls het verlede jaar April swaar geleef by Wanderers in Pionierspark toe die besoekers al vyf sy kragmetings (drie IT20 en twee eendagwedstryde) verloor het.
Pierre de Bruyn, hoofafrigter van Namibië, het sy beste moontlike groep vir die uitdaging gekies. Gerhard Erasmus het pas van ’n vingerbesering sy terugkeer gemaak om die Eagles aan te voer.
Michael van Lingen (tans beseer), Divan la Cock, Karl Birkenstock, Michau du Preez en Dewald Nell was verlede jaar teen Uganda in aksie, maar het nie nou De Bruyn se kortlys gehaal nie.
Dylan Leicher het die afgelope tyd sy merk gemaak en De Bruyn het hom weer gekies. Leicher het juis die afgelope week gewys hy kan nie net dodelike naatballe afvuur nie, maar kan ook kolf. Hy het teen die Ierse Wolwe in die laaste eendagwedstryd ’n uitstekende beurt van 46 lopies op nommer nege geslaan.
Die ervare JP Kotzé maak sy terugkeer vir die Eagles, ná sy kansellering van sy 2021-uittrede, en hy behoort vars vir die taak op hande te wees, terwyl Lo-han Louwrens genoeg gedoen het om die hoofafrigter se goedkeuring weg te dra.
Mauritius Ngupita sal vir die eerste keer teen die Kraanvoëls sy wegbrekers kan inspan. Met Ngupita, Erasmus, Nicol Loftie-Eaton en Bernard Schlotz het Namibië genoeg draaiers om saam met die ses naatboulers te kombineer.
De Bruyn het aan Republikein gesê: “Dis lekker om weer na die T20-formaat teen Uganda oor te skakel. Dis drie internasionale T20-wedstryde en baie belangrik vir ons om al drie te wen.
“Uganda is laer as Namibië op die ICC se T20-wêreldranglys en ons kan nie teen hulle verloor nie. Behalwe dat dit vir die Eagles van belang is, is dit vir my belangrik om met kombinasies te eksperimenteer.
“Veral met die topdrie kolwers is dit van kardinale belang dat die regte kombinasies gevind word. En dan soek ek so spoedig as moontlik stabiliteit in die topses kolwers.
“’n Ander area waar ons baie moet verbeter en hard voor sal moet oefen, is boulwerk in die laaste boulbeurte. Ons voer baie gesprekke oor dié uitdaging. Dis ’n maklike rol nie, want die boulers is heeltyd onder druk. ’n Bouler moet inderdaad braaf wees en die wil hê om teen die einde te boul.
EENDAGREEKS
“Met die twee eendagwedstryde volgende week het ek die gerief om weer jong spelers op die proef te stel. Ek sal opnuut kyk om spelers speelkans te gee wat nie gereeld vir die senior span speel nie. Dis die enigste manier om die Eagles se diepte te verbeter.
“Dis altyd lekker om Uganda hier te ontvang en ons sien uit na die kompetisie. Maar die Eagles sal deurentyd hul standaarde hoog moet hou. Op die dag kan Uganda gevaarlik wees as hulle jou aan die slaap vang. Ons sal van die begin ons stempel moet afdruk.”
DIE EAGLES: Gerhard Erasmus (kaptein), JJ Smit (onderkaptein), Jan Frylinck, JP Kotzé, Tangeni Lungameni, Bernard Scholtz, Nicol Loftie-Eaton, Craig Williams, Stephen Baard, Ruben Trumpelmann, Ben Shikongo, Mauritius Ngupita, Lo-han Louwrens, Dylan Leicher.
UGANDA KRAANVOËLS: Brian Masaba (kaptein), Emmanuel Hasahya, Kenneth Waiswa, Simon Ssesazi, Dinesh Nakrani, Riazat Ali Shah, Fred Achelam, Frank Akankwasa, Frank Nsubuga, Henry Ssenyondo, Richard Agamire, Cosmus Kyewuta, Arnold Otwani, Juma Miyaji, Deus Muhumuza.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie