Judokas reg vir oefenkamp
Judo
Die Namibiese Judofederasie (NJF) is baie trots om opnuut sy span aan te kondig wat Namibië dié week in Botswana sal verteenwoordig as deel van ’n samewerkingsooreenkoms tussen die twee buurland.
Dié beheerliggaam sê in sy verklaring: “Die NJF is trots om sy span bekend te maak wat Namibië in Gaborone by die Podium Performance Program-oefenkamp sal verteenwoordig.
“Ons bedank graag die Namibiese Sportkommissie vir hierdie inisiatief en vir hul samewerking. Ons trotse judokas is opgewonde en sien baie uit om teen ander atlete hul vernuf te gaan toon. Hulle het die afgelope maande baie hard vir dié uitdaging geoefen. Die NJF wens sy span alles van die beste toe.”
Die span is sensei Rowan Esau, sensei Ian Esau, Gerzano Mouton, Vatiraije Tjipueja, Michaella Soabes en Channallee Aochamus.
Die span vertrek vandag vanaf Windhoek na Gaborone.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie