Junior druk Wentzel vir klubkampioenskap

Gholf
Walvisbaai-gholfklub se klubkampioene vir die jaar is Kevin Wentzel en Wilma de Wet, ná afloop van laas naweek se toernooi wat deur Desert Iron and Steel geborg is.

De Wet se tellings van 86 en 89 was genoeg om haar met vyf houe as wenner van die vrouetitel te bevestig.

Wentzel het weer Walvisbaai se kampioen geword met tellings van 77 en 73 vir ’n bruto totaal van 150, wat hom met een hou teen die junior Kyle Johnson (79+73=151) laat wen het.

Chris Fourie en Wayne Hart was gelykop in die r=derde posisie, met Fourie die pryswenner op uittel, met Danie van Antwerpen vyfde. André Burger het die prys vir die beste netto telling ingepalm (67 en 72 vir ’n totale 139).

’n Afsonderlike stablefordkompetisie is aangebied vir diegene wat nie 36 putjies op een dag kon of wou speel nie, wat deur Boel Grobbelaar (41 punte) voor Kevin de Reuck (38) beklink is.

Des Benson het namens Desert Iron and Steel die pryse oorhandig en het bevestig dat die maatskappy volgende jaar weer die Walvisbaai-klubkampioenskap sal borg.

• Komende Vrydag en Saterdag bied Walvisbaai die nasionale kampioenskap vir die Sages aan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!