Junior meisies neem wêreldtoernooi oor
Inlynskaatshokkie
Die Namibiese junior vrouespan se onstuitbare opmars by die 2022 wêreldkampioenskap in inlynskaatshokkie in Buenos Aires, Argentinië is ’n trotse prestasie vir die land.
Afrigter Brian Sobel se meisies sou gisteraand ná druktyd in die bekerfinaal teen die VSA te staan kom – een van die spanne in die toernooi vir wie hulle reeds in hul vorige ontmoetings vermorsel het.
Die Namibiërs het Saterdag hul halfeindstryd teen Argentinië met agt doele teen een oorheers, terwyl die Amerikaners die finaal gehaal het deur Colombia met 5-2 uit te skakel.
Namibië, wie se span grootliks uit klubs in Swakopmund, Windhoek en Otjiwarongo saamgestel word, het die groepfase met vyf oordonderende oorwinnings teen die VSA (8-1), die gasheerland Argentinië (15-1), Colombia (9-3), Brasilië (12-0) en Italië (14-0) oorheers.
Die uiteinde is dat Christine Röttcher die algehele voorste individuele skerpskutter in die toernooi is, met 23 doele.
Nog vier van haar spanmaats vul die volgende posisies van voorste doelskieters, naamlik Leighzené Coetzee (13 doele, tweede), Maike Dedig (nege doele), Ania Borstlap (sewe doele) en Lomarie Fourie (vyf doele).
Ieesha Hilukiluah (vyf) en Lana Bajorat (vier) het ook gereeld die doelwagters geklop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie