Junior toer onder De la Harpe se leiding
Rugby
Die Namibiese o.20's word vir 'n belangrike kontinentale uitdaging voorberei.
Die getal spelers in die huidige oefengroep vir vanjaar se Namibiese onder 20-rugbyspan staan op 52, wat uitgedun is ná die besonder goed bygewoonde weeklange oefenkamp en proewe met meer as 100 spelers in Desember.
Rugby Afrika se jaarlikse Barthes o.20-toernooi vind van 20 April tot 1 Mei in Nairobi plaas. Dit sal die laaste van drie opeenvolgende kontinentale o.20-toernooie wees wat aan Kenia as gasheer toegeken is.
Die nuut aangestelde nasionale o.20-hoofafrigter is Ryan de la Harpe, wat ook die Namibië Rugby-unie (NRU) se akademie bestuur. Hy word bygestaan deur Jaco Engels as voorspelerafrigter.
Spanbestuurder Jacky Husselmann sê: “Ons het eers verlede week die kwalifiserende ouderdomme vir vanjaar se o.20-kompetisie ontvang en moes gevolglik vier spelers weglaat, aangesien hulle te oud sou wees.”
Voorryspelers wat tussen 31 Desember 2002 en 15 Julie 2003 gebore is, kwalifiseer regstreeks as onder 20’s. Diegene wat tussen 16 Julie 2004 en 15 Julie 2005 gebore is, kan “met die vereiste goedkeuring” (van ouers en Rugby Afrika) gekies word, terwyl dié met geboortedatums op 16 Julie 2005 of later te jonk is om oorweeg te wprd.
Spelers in ander posisies as die voorry kwalifiseer as hulle tussen 31 Desember 2002 en 15 Julie 2005 gebore is – óf met goedkeuring indien hulle tussen 16 Julie 2005 en 15 Julie 2006 gebore is.
Husselmann voeg by: “Ons beplan nog ’n oefenkamp teen einde Februarie (datums sal bevestig word), waar die groep dan tot sowat 35 verminder sal word. Die finale toergroep van 25 sal ’n maand voor die afskop van die toernooi hieruit gekies word, asook die nie-reisende reserwes.
“Gedurende die kamp sal moontlik twee wedstryde gespeel word, wat vir die afrigtingspan ook as proefwedstryde sal dien.”
DEUR NOG OOP
Die voorspelerafrigter Jaco Engels het aan die koerant gesê saam met De la Harpe bly hulle voortdurend op soek na die beste beskikbare talent wat bereid is om die harde werk in te sit.
“Ons weet daar is besonderse spelers wat tydens die Desember-kamp afwesig was, onder meer met die nasionale o.19-krieketproewe of ’n gebrek aan kommunikasie of ander redes.
“Ryan het sy vinger op die pols. Sodra die skole- en klubseisoen aan die gang kom, kan ook nog spelers geïdentifiseer word wat die Namibiese span sal kan versterk. Die kompetisie vir die uiteindelike toerplekke sal baie straf wees.”
Die huidige oefengroep (spelers se huidige dorp tussen hakies; van Windhoek tensy anders vermeld):
Stutte: Otja Auala, Josh Shidute (Walvisbaai), Johan Brockman, Hanno Husselman, Jayden van Zyl, Herman Coetzee, Filippus Iyambo Tshuuya, Marco Vermeulen (Swakopmund).
Hakers: Ferion Beukes, Edward Drotsky (Rehoboth), Luaan Karsten (Walvisbaai), Dandré Schreuder.
Slotte: Michael Atkinson, Daymeen Bezuidenhout (Rehoboth), Christopher Wicus Cowley, Shaquel Jansen, Thehard Lintvelt, Matthew Quinn (Walvisbaai), Gerhard Steenkamp (Potchefstroom).
Losvoorspelers: Johandre Dege (Keetmanshoop), Ray-Eez Feris (Rehoboth), Riaan Grové, Arenzo Izaacs (Rehoboth), Joe Losper (Rehoboth), SG Maritz (Maltahöhe), Kistings Minyoi, Nguvitja Tjaronda (Oshakati), Franco Vries (Walvisbaai).
Skrumskakels: Enrique Husselmann (Rehoboth), Denver Beukes (Rehoboth), Dillon Kahmann (Rehoboth), Armand Kotze (ook ’n senter-opsie), Wayne Nell.
Losskakels: Breyton Beukes (Rehoboth), Jaylon Carew (Walvisbaai), Eduardo Cloete, Ethan Koopman, Christof Steenkamp (Outjo).
Senters: Lucihano Gaingob (Swakopmund), Keanan Januarie, Natie Janse van Rensburg, William Klazen (Rehoboth).
Vleuels: Milano Koopman (Swakopmund), Nico Tromp, Damian van den Ross (Mariental), Ethan Williams, Jurgen Meyer, Suramie Qhena-Kambombo (Walvisbaai).
Heelagters: Dhaamin Bassardien (Grootfontein), Mauricio de Koe, Joshua Pedro (Rehoboth), Henrick van Schalkwyk (Rehoboth).
GEELWORTEL
Die kontinentale wenner van die Barthes-toernooi sal deurdring as een van die agt spanne in die 2023 Wêreldrugby O.20 Trofee-toernooi, wat ook in Kenia aangebied sal word.
Nadat Namibië se juniors in 2016, 2017 en 2018 opeenvolgend sy beste eindposisie (vierde) by hierdie wêreldtoernooi herhaal het, was laagenoemde inderdaad sy laaste deelname. In 2019 het Kenia die Namibiërs uitgeskakel, voor die laaste drie jare se toernooie weens die pandemie nie plaasgevind het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie