Junior verrassings wyk af van draaiboek
Tennis
Die Namibiese Tennisvereniging (NTA) het die afgelope naweek sy eerste junior toernooi vir 2022 by die Sentraal-tennisklub se bane in Olympia aangebied.
Spelers van so jonk as tien jaar tot o.16, asook die ope onder 25 afdelings het aan die toernooi deelgeneem waarin hulle NTA-ranglyspunte in die enkel- sowel as dubbelspel kon bymekaar maak.
Die Internasionale Tennisfederasie (ITF) se jaarlikse junior toernooi in Windhoek as deel van sy wêreldtoer sal van 25 April tot 7 Mei in Olympia plaasvind, waaraan gewoonlik stewige getalle internasionale besoekers deelneem.
Mnr. Ndumiso Moyo, die NTA se toernooidirekteur, sê met die hulp van hardwerkende vrywilligers was daar geen haakplekke nie.
“Ons het nie ’n borg gehad nie, maar alles het seepglad verloop. Die ouers verrig wondere deur hul kinders vir wedstryde en oefeninge rond te ry. Dit spoor die kinders aan om hul talent te ontwikkel,” het Moyo gesê.
In die o.25 mansafdeling het Elias Shikongo vir Sarel Janse van Rensburg met 6-3, 6-1 in die enkelspelfinaal geklop. Lorenzo Danster het vir Oliver Leicher in die uitspeelwedstryd om die derde plek met 7-5, 2-6, 12-10 geklop. Nege spelers het in dié afdeling meegeding.
By die o.25-vroue was Hendrina Apollus met 6-0, 6-2 te sterk vir Vimbayi Musavengana in die finaal. Hulle was die enigste twee inskrywings.
In die mansdubbelspelfinaal het Shikongo en Danster teen Janse van Rensburg en Dian Calitz geseëvier. Daar was geen dubbelspel vir die vroue nie.
Die uitslae van die ander ouderdomsgroepe:
Onder 16’s: Joel Hiveluah wen die seunsfinaal teen Stephan Koen met 6-3, 6-4, met Ruan Calitz die bronswenner, terwyl Raica Coelho (tweede gekeur) vir Riamarie Visagie in skoon stelle (6-0, 6-0) oorheers. Die topgekeurde meisie, Dominique Theron, het in haar eerste wedstryd met 6-0, 6-0 teen Cari Stears vasgeval.
Onder 14’s: Die tweede gekeurde Mari van Schalkwyk het ’n verrassing vir die topgekeurde Joanivia Bezuidenhout in gedagte gehad en wen die eindstryd met 6-1, 6-2.
Die o.14-seuns het ’n stewige veld van 13 inskrywings gehad. Die uiteinde was dat Ruben Yssel (eerste gekeur) en Eduan Schollij (tweede) hul onderskeie semifinale teen Lian Kuhn en Abraham Alemu gewen het. Yssel was egter nie in staat om in die eindstryd te verskyn nie en Schollij was dus die wenner by verstek.
Onder 12’s: Met net vyf inskrywings het die meisies ’n rondomtalieformaat gespeel, waarin Minenhle Moyo onoorwonne in haar vier wedstryde uit die stryd getree het, insluitend oorwinnings teen beide die eerste en tweede gekeurde spelers Natalia Ouses en Elrica Nakusera.
Die topgekeurde o.12-seun Johan Theron het onoorwonne gebly, maar die finaal was sy taaiste wedstryd toe Samuel Nel (tweede gekeur) die eerste stel met 7-5 gewen het. Hierna het Theron reggeruk en met 6-4 gelykop gemaak, voor hy die beslissende stel met 10-1 gewen het. De Witt Bergh het derde geëindig.
Onder 10 seuns: Ná die rondomtaliewedstryde het Joshua Diergaardt onoorwonne in sy vier wedstryde geëindig. Breyton Bezuidenhout was tweede en is net deur Diergaardt geklop.
• Die NTA se volgende junior toernooi vir alle ouderdomsgroepe vind op 4 Maart op Swakopmund plaas. Voor dit wag die o.14 nasionale kampioenskap op 25 Februarie, vir spelers wat minstens elf jaar oud is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie