Juniors gee gas in Sandman
Triathlon
Die belowende Namibiese juniors Maja Brinkmann en Nathan Chase was gister die wenners van die Sprint-afstand (400 m swem, 20 km fietsry, 3 km hardloop) by die FNB Sandman triathlon op Swakopmund. By die wenstreep is die vermoede uitgespreek dat beide van hulle ’n nuwe byeenkomsrekord vir dié afstand opgestel het, hoewel dié aansprake teen druktyd nog nie bo twyfel gevcerifieer was nie. Die 2023 Sandman se Ultra-kampioene oor 1.9 km swem, 90 km fietsry, 21 km hardloop) is Jean Louis Mostert, vir die eerste keer ’n wenner van die mansresies, en Benita Windisch wat die vrouetitel die vierde keer op ’n streep gewen het. Ons kuskantoor se verslag is binne in Sport Wrap. Foto’s Precious Nghitaunapo
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie