Juniors klim op Afrika-leer

Gholf
Beide individueel en as span was die viertal Namibiese jongmanne by die Afrika junior gholfkampioenskap in Kampala, Uganda, se eindposisie een van die beter vertonings van onlangse jare.

Spankaptein Todd Parker het die individuele kompetisie in die vyfde plek afgesluit – met net die vier dominerende Suid-Afrikaanse spanlede wat hom geklop het.

Die Namibiese span se vyfde plek (uit 14 lande) is ook beduidend beter as verlede jaar se agtste plek.

In die individuele kompetisie was die topvyf soos volg:

1 Jack Buchnan (RSA) 73 + 69 + 70 + 73 = 285 (drie onder syfer)

2 Amilkar Bhana (RSA) 78 + 70 + 70 + 70 = 288 (gelyk aan syfer)

3 Keagan Crosbie (RSA) 71 + 70 +78 + 70 = 289 (+1)

4 Jaden Deltel (RSA) 73 + 73 + 71 +73 = 290 (+2)

5 Todd Parker (Namibië) 79 + 71 + 72 +74 = 296 (+8).

In die spankompetisie, waar op elk van die vier speeldae die beste drie tellings uit die vier spanlede hul totaal vorm, het die Namibiërs (953 houe) vyfde ná die onkeerbare Suid-Afrika (850), Uganda (940), Zambië (944) en Zimbabwe (945).

Die spanne van Kenia (956), Tunisië (964), Egipte (965) en Mauritius (972) was op hul hakke, maar Tanzanië (1007), Malawi (1030), Botswana (1066), Gaboen (1112) en Ivoorkus (1113) het gesukkel.

Benewens Parker het sy spanlede soos volg gevaar:

Wensley Haseb 87, 81, 83, 78.

Charlie Lohmann 89, 83, 79, 83.

Nelson Johannes 83, 83, 83, 84.

Uit hierdie groep is Lohmann die enigste wat volgende jaar steeds vir die o.18-kompetisie sal kan kwalifiseer.

“My spanmaats het elke dag verbetering getoon en daarop is ek baie trots. Ek weet ek het nie op die eerste en laaste dag volgens my volle potensiaal gespeel nie, maar in die geheel was dit ’n goeie week vir ons,” het Parker gister gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!