Juwele gepoets vir ongekende louere
Netbal
Die Namibiërs ding mee om een van net twee beskikbare Wêreldbeker-plekke.
Die Debmarine Desert Jewels is vasberade om hul buitekans aan te gryp om vanaf Sondag tot 27 Augustus in Pretoria hul plek na die 2023 Wêreldbekertoernooi in Kaapstad oop te speel.
Die gasheerland asook Uganda het reeds op grond van hul posisies op die wêreldranglys vir die Wêreldbeker gekwalifiseer. Uganda het dus aan die komende kontinentale skouspel onttrek. Net twee spanne sal in Pretoria vir Kaapstad kan hand opsteek.
Namibië se eerste wedstryd is Sondag teen sy aartsvyand Botswana en Dinsdag kom Zimbabwe aan die beurt. Die Woestynjuwele se volgende uitdaging is Woensdag teen Tanzanië en Donderdag sluit hul laaste groepverpligting teen die gasheerland se Proteas af.
Imelda Nerongo, sekretaris-generaal van Netbal Namibië, het gesê: “Ons het sedert 2016 ’n moeilike pad gestap. Nogtans het ons stadig maar seker elke jaar gegroei. Ons was destyds nie eens op die wêreldranglys nie en het geklim tot ons huidige 23ste posisie.
“Ek is geëerd om te sê daar is senior spelers in die span wat sedert 2010 baie vir die span en Namibië opgeoffer het. Anna Kaspar (kaptein) en Eve Kamutushi is twee ware stryders vir die Jewels.
“Ons vooruitgang sou nie moontlik gewees het sonder die steun van Debmarine die afgelope vier jaar nie. Ons kan Debmarine nie genoeg vir hul getroue ondersteuning bedank nie. As ’n span en as Namibië moet ons hulle vir hul vertroue in netbal loof en bedank.”
Oor die onlangse verandering van hoofafrigter in Sunette Burden se plek, het sy gesê: “Dit was ’n moeilike besluit, maar ons het Mary Waya, gewese hoofafrigter van Malawi, asook Lloyd Makunde van Zimbabwe aangestel om met die voorbereiding vir Pretoria te help.”
Waya het gister gesê: “Ek is bevoorreg om deel van die Namibiese span te wees. Ons het die afgelope vier weke hard gewerk en goeie vordering gemaak. Ons gaan nie net Pretoria toe om net deel te neem nie, maar om te wen. Die meisies is fiks, sonder beserings en geestelik reg ingestel om te kwalifiseer.
“Ons het in 2015 gesien hoe Zambië vir die Wêreldbeker gekwalifiseer het en in 2019 was dit Zimbabwe. Vanjaar is dit Namibië se beurt. Ek moedig Namibiërs aan om die span te ondersteun, want hulle verteenwoordig die land en dra die Namibiese vlag.”
Kaspar het gesê: “Ons as span wil Debmarine opnuut bedank vir hul vertroue in ons. Om Namibië te verteenwoordig, eindig nie net op die baan nie, maar bereik die kinders wat ons sien speel en hulle hoop vir die toekoms gee om ook Namibië te verteenwoordig.
“Ons bedank Netbal Namibië vir die moeite wat hulle doen; ons spelers waardeer dit. Ons is reg en ongelooflik opgewonde oor die uitdaging wat voorlê. Die hele land se verwagtinge is op ons skouers.”
Die semifinale word Vrydag afgehandel waar die eerste geplaaste spanne in groep A en B oorkruis teen die tweede geplaaste spanne opdraf.
Die span is Lisa Kruger, Eve Kamutushi, Anna Kaspar, Nelandré Mostert, Tilly Kamati, Imbileni Frans, Monica Gomases, Loide Hanyanya, Cornelia Mupenda, Mwale Mulenamaswe, Monique Basson, Emmy Kutako, Louise Kausehua, Selma Bittler, Tjeripo Kambirongo.
Die spanne, met hul wêreldranglysposisie in hakies: Groep A: Suid-Afrika (5), Namibië (23), Zimbabwe (13), Botswana (28), Tanzanië (41). Groep B: Eswatini (nie op ranglys), Kenia (40), Malawi (7), Zambië (17).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie