Kaapse toer help samespel slyp
Skolerugby
Die afgelope week se toer en deelname aan die Paul Roos Gimnasium rugbyfees behoort vir beide Windhoek Gimnasium en Windhoek Afrikaanse Privaatskool van groot waarde te wees sodra die plaaslike Momentum o.19 premierliga begin.
Uit drie wedstryde elk op Stellenbosch het die Windhoek Gimmies se eerste span drie gewen en Affies twee.
Woensdag het Affies met 48-10 teen Hoërskool Dirkie Uys van Moorreesburg gewen. Die heersende Namibiese kampioenskool wat voor Covid-19 die Momentum-titels van 2018 en 2019 gewen het, se driedrukkers was die senters Nico Tromp (2) en Theunis van Wyk,
stut Rudi Liebenberg, flank SG Maritz (2), reserwe-agterspeler Nico van Staden en haker Ben Burger. Die heelagter Tewis Burger het met vier doelskoppe geslaag.
Afrigter Johan Zaayman sê: “Ek is bly ons kon al ons spelers speelkans gee en dat dinge begin deurkom het wat ons dié seisoen wil probeer. Ek glo die toer was ook goed vir ons samespel en vir die groep om mekaar behoorlik te leer ken.”
• Windhoek Gimnasium het Woensdag met ’n wegholtelling van 54-12 teen die gasheer Paul Roos se o.19C-span gewen.
Die skrumskakel Zano van Wyk het drie drieë gedruk, met nog drieë deur die senters Stefan Gildenhuys en Surami Kambombo, vleuel Realdo Diergaardt, heelagter Diwan Steyn, flank Dirk Theunissen, haker Hendre Schrader en plaasvervanger-agterspeler Markus Fourie. William Klazen het met twee doelskoppe geslaag.
Mauritz Thirion, die agterlyn-afrigter, sê: “Ons het bietjie senuagtig begin, veral toe Paul Roos binne die eerste vyf minute ’n drie gedruk het. Maar ons het toe hergroepeer en lekker begin speel.
“Ons het die vaste fasette oorheers en drie drieë met lynstaandrywe gedruk. In die skrums het ons hulle ook onder groot druk geplaa en ons agterlyn was baie goed en het mooi drieë gedruk, ondanks die wind wat in die tweede helfte teen ons gewaai het.
“Dis altyd ’n eer om teen enige span van Paul Roos te speel en hulle hou uiteraard nie daarvan om op hul tuisveld ’n vyftigtal af te staan nie. Vir ons seuns was die toer ’n baie goeie ervaring en voorbereiding op die komende seisoen.”
• Arrie Hougaard, gewese NMH-bestuurder van publikasies, het ná die rugbyfees op Stellenbosch gesê beide Affies en Gimmies het aanskoulike rugby gespeel.
“Dit mag wees dat die toernooi se organiseerders die Namibiese skole se krag effens onderskat het. Gimnasium het teen dieselfde opponente met groter tellings gewen as WAP, as jy enigiets daarin wil lees, of dit kan wees dat die opposisie ietwat deur beserings uitgedun was.
“Beide skole se kapteins het van die voorpunt gelei – Windhoek Gimnasium se agtsteman Janneman Brand, asoook Affies se senter Theunis van Wyk wat moontlik een van die beste agterspelers by die rugbyweek was.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie