Kambatuku nou in beheer van NSSU
Roger Kambatuku se aanstelling as nasionale koördineerder van die Namibiese Skolesport behoort nuwe lewe in dié entiteit te blaas.
Die Namibiese Skolesportunie (NSSU) het die aanstelling van Roger Kambatuku vanaf 1 Februarie as die tussentydse nasionale koördineerder van die NSSU aangekondig.
Kambatuku, ’n jarelange senior sportbeampte in die ministerie van sport, jeug en nasionale diens, se dienste word op ’n tydelike leengrondslag aan die NSSU afgestaan.
Hy is aan die stuur van die skolesportunie se bedrywighede geplaas, asook die hervormingsproses soos in die Geïntegreerde Liggaamlike Opvoeding- en Skoolsportbeleid (IPESS) gestipuleer word. Sy werkvertoning sal periodiek beoordeel word.
Kambatuku se betrokkenheid sluit ’n vorige termyn as uitvoerende lid van die Namibiese Sokkervereniging (NFA) in. Hy was onder meer ook ’n lid van die plaaslike organiserende komitee toe Namibië in 2016 die Cosafa-sokkertoernooi vir mans in Windhoek aangebied het.
Hy vervang Solomon (Solly) Duiker wat sedert 2007 die NSSU se nasionale koördineerder was. Duiker is verlede jaar Oktober geskors toe dié organisasie se nasionale bestuur hom ná ’n virtuele vergadering van sy voorlopige skorsing ingelig het hangende die ondersoek van beweerde ongerymdhede, onder meer wat NSSU-skolespanne se toere na Suid-Afrika betref.
Die NSSU het geen kommentaar gelewer oor die vordering van sy ondersoek na die klagte teen Duiker nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie