Kampala 'n nuwe begin vir sewes
Sewesrugby
Namibië behoort soos altyd realisties in sy verwagtinge te wees.
“Ons het min tyd gehad, maar ons het alles moontlik gedoen om voldoende voor te berei en sal ons uiterste bes doen om die land trots te maak.”
Hierdie hoopvolle verklaring is pligsgetrou deur beide die nuwe afrigter en die nuwe kaptein uitgespreek by die nuuskonferensie voordat die nasionale sewesrugbyspan gistermiddag na Uganda se hoofstad Kampala vertrek het vir komende Saterdag en Sondag se kontinentale seweskampioenskap van Rugby Afrika.
Afrigter Ronaldo Pedro, onlangs weer aangestel ná ’n vorige termyn, spring weg met sy eerste taak met feitlik geen grondslag om op voort te bou nie – net soos wat dikwels met sy onlangse voorgangers soos David Philander, Les Bougard, Vince Dreyer en Jurie Booysen die geval was.
Soos ’n Rip van Winkel ontwaak Namibië nou vir sy eerste sewesrugbytoer sedert November 2019 se Afrika-kampioenskap op Brakpan – met die 22-jarige Elmarco Beukes die enigste spanlid wat uit die laaste vorige twaalftal oorbly.
Pedro kan nie vir dié sameloop van omstandighede kwalik geneem word nie en is positief dat hy by die proewe sowat drie weke gelede die beste beskikbare spelers uitgehaal en sedertdien op die oefenveld gesmee het.
Oderich Mouton is die nuwe spanleier (in 2019 was dit Cameron Langenhoven) en met een vorige sewestoer (Tunisië in 2018) het hy darem ook ’n bietjie meer ondervinding as die meeste ander groentjies.
Mouton en Pedro het aan die media verklaar dat hulle mikpunt voluit ingestel is om met minstens een van die twee groot belonings uit die Afrika-kampioenskap huiswaarts te keer. Die vasteland se toptwee dring deur na die volgende Wêreldbeker-sewestoernooi; die topdrie bespreek hul plekke na die Statebondspele in Juliemaand in Birmingham.
Die historiese werklikheid is egter dat Namibië tevore met selfs veel meer deeglike voorbereiding en ekstra kundigheid nie ’n kat se kans gestaan het om Kenia, Uganda, Zimbabwe en verskeie ander gevaarspanne te uitoorlê nie. In 2019 het Namibië ’n vegtende vyfde posisie uit 14 spanne behaal. Die vorige jaar in Tunisië: negende.
Die plaaslike sewessport suig behoorlik aan die agterspeen ten gunste van die hulpbronne wat vir die meer voorspelbare sukses van die 15-spel beskikbaar is.
ONVOORSPELBARE LOTING
Rugby Afrika se onlangse omstrede en aanvegbare strategiese besluite (soos die aanbieding van die kontinent se 15-rugby Wêreldbeker-kwalifiseringstoernooi met Frankryk as gasheer; of die beperking dat o.20-spanne net ’n beperkte getal lede mag bevat wat buite die landsgrense rugby speel) word voortgesit met die formaat vir komende naweek.
Deelnemende spanne weet teen wie hul openingswedstryd op die eerste dag is – en klaarblyklik weinig meer oor wat verder gebeur. Dieselfde formaat is in 2019 gevolg – met die openingsronde wat dadelik die wenners in die boonste helfte van die kompetisie plaas en die verloorders in die onderste helfte.
Namibië open sy aanslag teen Ghana (Saterdag om 08:28 Namibiese tyd; 09:29 in Uganda).
Die Namibiese groep bevat ses voorspelers – Oderich Mouton (kaptein), Gilad Plaatjies en Darryl Wellman (almal van FNB Unam), Gino Wilson (FNB Western Suburbs), Francois Visagie (FNB Rehoboth) en Virgil Bampton (FNB Kudus). Die ses agterspelers is Enrique Husselmann en Franklin Kharigub (beide FNB Reho Falcon), Ashwin Mukwiilongo (FNB Kudus), Justin Nel (FNB Western Suburbs), Lorenzo Louis (FNB Unam) en Elmarco Beukes (tans nie aan ’n klub verbonde nie, laas by FNB Wanderers).
Pedro word ook deur Colin Stevens (spanbestuurder) en dr. Jeremy Strong as spandokter bygestaan.
• Saterdag se openingsronde (afskoptye in Namibiese tyd; eindposisie in 2019 tussen hakies):
07:00 Kenia (1) tn Senegal (7).
07:22 Uganda (2) tn Burundi (–).
07:44 Zimbabwe (3) tn Burkina Faso (–).
08:06 Madagaskar (4) tn Botswana (14).
08:28 Namibië (5) tn Ghana (–).
08:50 Zambië (6) tn Kameroen (–).
09:12 Tunisië (7) tn Mauritius (13).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie