Van links is Fillipus Nghitumbwa, Paulinus Ndjolonimus, Charles Shinima, Nestor Tobias (promotor) en Mateus Heita. Foto Jesse Jackson Kauraisa
Van links is Fillipus Nghitumbwa, Paulinus Ndjolonimus, Charles Shinima, Nestor Tobias (promotor) en Mateus Heita. Foto Jesse Jackson Kauraisa

Kampioene beloof vuurwerke

Boks
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Vier internasionale titelgevegte word op 29 September by die Ramatex-saal as deel van die MTC Nestor Sunshine Tobias-boksakademie se Together as One Part 8-skouspel aanbied.

Vier gewilde Namibiese kampioene – Fillipus “Energy” Nghitumbwa (superkapokgewig), Paulinus “John John” Ndjolonimus (supermiddelgewig), Charles “Super Shine” Shinima (weltergewig) en Mateus “The Beast” Heita (superkapokgewig) – sal behoorlik die vonke laat spat in hul onderskeie gevegte wat elkeen vir 12 rondes bestem is.

Nghitumbwa (15 gewen, 1 verloor, 10 uitklophoue) verdedig sy globale titel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) teen Sabelo Ngebinyana (15-5, 11 KO’s) van Suid-Afrika.

Die 26-jarige Nghitumbwa het in Oktober die titel teen Innocent Mantengu van die RSA in Windhoek met ’n uitklophou beklink.

• Die gevaarlike supermiddelgewig John John sal Delali Miledzi van Ghana (16-0, 12 KO’s) sy voetwerk teen (14-0, 12 KO’s) moet ken in hul WBO Afrika-titelgeveg.

Die Ghanees (31) blyk ewe gevaarlik met ’n uitkloppersentasie van 75 persent te wees. Die Namibiër het sover 85 persent van sy teenstanders in die beroepskryt voortydig tot oorgawe gedwing.

Ndjolonimus (34) het verlede April die vakante titel teen Anthony Jarmann in die hoofstad met ’n uitklophou in die laaste ronde verower. Jarmann is ses maande later weer uitgeslaan toe hy Ndjolonimus vir sy titel uitgedaag het.

John John het sedertdien ook op 19 Maart 2022 sy titel suksesvol teen Erick Tshimanga Katompa (Demokratiese Republiek die Kongo) verdedig.

• Die 30-jarige Charles Shinima (14-0, 10 KO’s) het sy WBO Afrika-weltergewigtitel in Oktober in Windhoek teen Mohamed Mutalemwa (33) van Tanzanië met ’n tegniese uitklophou verower.

Hy het in Maart vanjaar sy gordel gemaklik teen Mziwoxolo Ndwayana (34) van die RSA met ’n uitklophou behou. Hy sal nie vir Taiwo “Gentle Boy” Olowu van Nigerië (14-0, 11 KO’s) enige gaping kan gun nie. Die 27-jarige Gawe Seun van Lagos is ’n giftige kalant met uitstekende voetwerk en dinamiet in sy vuiste.

• In die hoofgeveg klim Mateus Heita (8-0, 3 KO’s) teen Hassan “Starboy” Milanzi (11-2-1, 6 KO’s) van Zimbabwe vir ’n WBO en se Afrika-kroon in die kryt.

“The Beast” (24) het laas Desember in Walvisbaai die Pan Afrika-titelhouer van die Wêreldboksvereniging (WBA) geword en kan vandeesmaand die vakante WBO-gordel ook syne maak.

Nghitumbwa, Heita en Ndjolonimus word tans nie deur die WBA of WBA onder die topvyftien vegters op hul wêreldranglyste vereer nie. Shinima (15de) verskyn wel op die radar van die WBO.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!