Kan Afrikane in Boedapest geskiedenis maak?
Atletiek
Wat sal lekkerder wees as om te sien hoe 'n Afrikaan by die wêreldkampioenskap eerste oor die 100-wenstreep seil?
Afrika se spoedvrate is in die 100 meternaelloop stelselmatig besig om die gaping tussen hulle en die Amerikaanse en Jamaikaanse sneltreine in te katrol.
Die 19de Wêreldkampioenskap is om die draai (19 tot 27 Augustus) in Boedapest, Hongarye.
Ondersteuners in Afrika sal opnuut met passie hul atlete teen die res van die wêreld se room in Boedapest se nuwe nasionale atletiekstadion met 36 000 sitplekke aanspoor.
Wie is Afrika se vlugvoetigste toptien aanspraakmakers in die 100 en waar pas hulle tans by die 2023-seisoen se vinnigste tye in? Die atlete staan op enige dag die kans om die wêreld se bestes te klop, mits die senuwees op die groot dag hou.
Nigerië het drie sterk aanspraakmakers, terwyl Kenia se bonkige buks, Ferdinand Omanyala (1.75 meter), tans op Wêreldatletiek se 100-ranglys vir 2023 in die 100 meter tweede geplaas is.
Omanyala met 9.84 sekondes van Kenia is ’n haarbreedte die tweede vinnigste man sover vanjaar ná Zharnel Hughes, wat in Juniemaand in New York met 9.83 die nuwe nasionale rekordhouer vir Brittanje geword het.
Vyfde vanjaar is Nigerië se Godson Oghenebrume (9.90). Suid-Afrika se Shaun Maswanganyi (9.91, tiende), Akani Simbine (9.92, elfde) en Udodi Onwuzurike (9.92) van Nigerië is ewe haastige manne.
Ander sterk Afrika-kandidate sluit in Letsile Tebogo (9.93) van Botswana, Favour Ashe (Nigerië, 9.96, 14de), Arthur Cissé (Ivoorkus, 9.96) en Emmanuel Eseme (Kameroen, 9.96).
Liberië se Joseph Fahnbulleh (9.98), wat in die VSA gebore was, is besig om vinnig te ontwikkel.
VAN ZAMBIë NA SURINAME
Indien alles vir Issamade Asinga (4de) reg verloop, kan die 18-jarige vetgesmeerde blits van Suriname binnekort Usain Bolt van Jamaika se wêreldrekord (9.58) begin skrikmaak.
Asinga het Tebogo se o.20-wêreldrekord (9.91) op 28 Julie in São Paulo, Brasilië, met 9.89 verbeter. Hy is 1.83 m lank en kan nog rank wat verder in sy guns kan tel. Bolt was as 15-jarige reeds 1.96 m lank.
Asinga se wortels lê stewig in Afrika met sy ma, Ngozi Mwanamwambwa, wat in Zambië gebore is.
AMERIKANER HOU TITEL
Die Afrikane sal egter eers vir Zharnel Hughes (Brittanje, 9.83), Fred Kerley (VSA, 9.88), Ackeem Blake (Jamaika, 9.89), Pjai Austin (VSA, 9.89) en Courtney Lindsey (VSA, 9.89) hakskene moet wys.
Fred Kerley is die verdedigende wêreldkampioen (9.86). Sy mede-Amerikaners Marvin Bracy (9.88) en Trayvon Bromell (9.88) het verlede jaar onderskeidelik silwer en brons by die Wêreldkampioenskap in Eugene, Oregon, opgeraap.
Tebogo het in 2022 by die Hayward Field-stadion met 9.94 in die uitdunne sy rekening geopen, terwyl Ashe met 10.00, Cissé (10.02), Simbine (10.07) en Omanyala (10.10) vir die semifinale gekwalifiseer het.
Net Simbine (9.97) kon in die semi’s vir die finaal kwalifiseer, waar hy met 10.01 vyfde geëindig het. Ashe (10.12), Omanyala (10.14), Cissé (10.16) en Tebogo (10.17) het die kluts kwyt geraak en kon nie vir die finaal aantree nie.
ITEMS
’n Geskatte 1 800 atlete van 180 lande sal by die reusegeleentheid in aksie wees.
Die items wat by vanjaar se wêreldkampioenskap aangebied word:
Baanitems: 100, 200, 400, 800, 1 500, 3 000 m-hindernis, 5 000 en 10 000 meter. 100-hekkies (vroue), 110-hekkies (mans) en 400-hekkies. 4x100-aflos, 4x400-aflos.
Padwedlope: Marathon (42.2 kilometer), 20 en 35 km-stap.
Velditems: Hoogspring, paalspring, verspring, driesprong, gewigstoot, diskusgooi, hamergooi en spiesgooi.
Multidissipline-items: Sewekamp (vroue) en tienkamp (mans).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie