Kan die Hingste opnuut seëvier?
Krieket
Die eindstryd van Krieket Namibië se T20-premierliga sal Sondagnamiddag in Pionierspark by Wanderers beslis word.
Kan WHS Old Boys se eerste span vir Wanderers 1 as T20-premierligatitelhouer onttroon?
Wanderers (90/9 in 20) het in 2022 die titel met 7 lopies teen Old Boys (83/6 in 20) ingepalm.
Die liga het op 7 Oktober by Wanderers met ’n wedstryd tussen die gasheer en United 1 afgeskop. Met die kusspan Welwitschias afwesig en net vier klubs wat aan die liga deelneem, is slegs twaalf botsings nodig om die kompetisie te voltooi.
Die laaste twee T20-kragmetings sal Saterdagoggend en -namiddag by Wanderers afgehandel word.
Volgens die huidige puntestand sal WHS Old Boys 1 en Wanderers 1 mekaar Sondag by dieselfde venue die stryd in die finaal aansê. Old Boys is tans eerste met 20 punte en Wanderers tweede met 16, terwyl United derde (4) en Tigers (0) laaste is.
Die uitslag van Saterdag se ligawedstryd tussen Old Boys en Wanderers is bloot van akademiese belang en sal geen verskil maak wie in die finaal opstap nie. Nogtans is daar oorgenoeg skietgoed, ervaring en trots aan beide kante om ’n wedstryd van goeie intensiteit te verseker vir die nasionale kandidate wat vandeesmaand in Windhoek in die T20 Wêreldbeker-kwalifiserende toernooi gaan speel.
United kon darem een van sy vyf verpligtinge wen, terwyl Tigers punteloos is en graag sy in laaste botsing teen United goed sal wil afsluit.
TOPVYF KOLWERS
JP Kotzé van Old Boys is tans met 208 lopies (118 balle) die voorste lopiemaker, gevolg deur JC Balt van Wanderers (191 van 159 b), Malan Kruger van Old Boys (150 van 114 b), Gerhard Erasmus van Old Boys (147 van 100 b) en Michau du Preez van Wanderers (132 van 94 b).
HONDERDTALLE
Twee honderdtalle is aangeteken. Niko Davin van Wanderers het in slegs drie wedstryde gaan kolf, maar het die hoogste telling (105 nie uit nie) behaal. Sy aanvangsmaat vir die klub, JC Balt (104 nie uit nie) het die ander 100-plus telling laas naweek teen CCD gemoker.
TOPVYF BOULERS
Tangeni Lungameni van Old Boys spog met 9 paaltjies vir 104 lopies in 19.4 boulbeurte.
Tweede is JC Balt van Wanderers (7/20 in 7), derde Danie van Schoor van Wanderers (7/91 in 18), vierde Shaun Fouché van Old Boys (7/117 in 20) met Gerhard Erasmus (6/81 in 19.1) vyfde.
BESTE BOULSYFERS in ’n wedstryd
Gerhard Erasmus, 4 paaltjies vir 10 lopies in 3.5 boulbeurte.
DIE UITSLAE
7 Oktober: Wanderers (195/2 in 20 boulbeurte) klop United (96/7 in 20) met 99 lopies.
7 Oktober: Old Boys (214/3 in 20) klop CCD Tigers (156/8 in 20) met 58 lopies.
8 Oktober: Old Boys (117/2 in 11.1) klop United (114/5 in 20) met 8 paaltjies.
8 Oktober: Wanderers (140/7 in 20) klop Tigers (96/7 in 20) met 44 lopies.
21 Oktober: Old Boys (149/4 in 20) klop Wanderers (118 almal uit in 19.4) met 6 paaltjies.
21 Oktober: United (120/4 in 19.4) klop Tigers (117/5 in 20) met 6 paaltjies.
4 November: Old Boys (94/0 in 9.3) klop United (92/10 in 19.2) met 10 paaltjies.
4 November: Wanderers (114/1 in 15.3) klop Tigers (113/4 in 20) met 9 paaltjies.
5 November: Wanderers (213/1 in 20) klop United (99/8 in 20) met 114 lopies.
5 November: Old Boys (108/0 in 10) klop Tigers (107/6 in 20) met 10 paaltjies.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie