Kan Johannes dit weer doen?
Padwedlope
Die geskiedkundige eerste Spar 10 kilometerwedloop vir vroue in Namibië gaan Sondagoggend sewe-uur by Wanderers in Pionierspark wegspring.
Die groot trekpleisters in dié padresies is natuurlik Namibië se Helalia Johannes en Alina Armas (39). Dit was wel vier jaar gelede, maar Johannes (nou 42) het in 2019 die gesogte 10 km Spar-reeks in Suid-Afrika ingepalm deur al ses byeenkomste te wen.
In Junie 2019 met die derde kompetisie van die SPAR-reeks in Durban, het sy die Namibiese rekord met 30 minute 59 sekondes agter haar naam geskryf. Haar gemiddelde tyd vir die ses wedlope is 31:88.
Johannes het laasjaar aan vier Spar-byeenkomste suid van die Oranjerivier deelgeneem. In Gqeberha (Port Elizabeth) het sy eerste in 31:53 geëindig, maar in Durban (31:59), Mbombela (33:02) en Johannesburg (34:08) het sy die tweede posisie ingeneem.
Elkeen van dié wedlope in die buurland lok jaarliks die deelname van etlike duisende vroue.
Hoewel Johannes nog nie vanjaar haar drafskoene vir ’n korter afstand as die marathon (41.2 km) aangetrek het nie, is haar tyd vroeër vandeesmaand in Suid-Korea (2 ure 31:33) ’n goeie aanduiding dat sy Sondag weer in die wêreldklas van haar eie kan wees.
Sy het gemiddeld 35 minute 91 sekondes nodig gehad om 10 km in die Daegu-marathon af te lê. Sonder beserings sal Johannes beslis Sondag nog haastiger kan wees.
Bethold Karumendu, hooforganiseerder van die kompetisie, het gesê: “Hierdie is ’n spesiale wedren vir alle vroue in Namibië. Ons het tot dusver reeds byna meer as 400 aanlyn-inskrywings ontvang.
“Ons sal (Saterdag) van 09:00 tot 12:00 ’n laat registrasie by Wanderers hê. Diegene wat nog nie vir die byeenkoms ingeskryf het nie, is welkom om dit te doen.
“Dit sal ’n opwindende wedloop wees weens die feit dat al die vroue van elite-atlete tot sosiale hardlopers in een wedloop saam met Helalia Johannes en Alina Armas en etlike ander elite-atlete in aksie gesien kan word.”
Die geldpryse is die elite klas beloop 1 NS10 000, 2 N$7 500, 3 N$5 000. Vir elke ouderdomsafdeling 40 tot 49 jaar, 50-59 jaar en 60-69 jaar verdien die topdrie onderskeidelik N$3 000, N$2 000 en N$1 500.
Die topveertien elite atlete is Alina Armas, Leena Ekandjo, Beata Naigambo, Ester Haitope, Lavinia Haitope, Beata Jeremia, Martha Shivolo, Victoria Kaliteka, Alfriede Shiputjo, Ottilie Aimwata, Helalia Johannes, Emilia Katekene, Anna Amutoko en Sartie Eshitile.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie