Kan Tebogo vir Lyles stil hardloop?

Atletiek
Tielman Van Lill
Die sogenaamde alleeneienaar van die 200 meter-naelloop vir 2023 moet nog bepaal word tussen Letsile Tebogo van Botswana en Noah Lyles van die VSA.

Die duo sal by die 2023 Wêreldatletiekkampioenskap (19 tot 27 Augustus in Boedapest, Hongarye) teen mekaar te staan kom.

Die 26-jarige Lyles het onlangs ’n 200-wedloop in Londen met ’n klein verskil (0.03 sekondes) teen Tebogo gewen. Hierna het Lyles in ’n verregaande opmerking homself as die “eienaar” van die 200 verklaar.

Lyles het 19.47 s by ’n Diamantliga-byeenkoms op 23 Julie in Londen aangeteken, met Tebogo tweede in 19.50 – ’n persoonlike beste wat hom die nuwe Afrika-rekordhouer maak.

Lyles se 19.47 is sy beste vir 2023, met 19.31 as sy persoonlike beste wat hy in Julie 2022 in Eugene, Oregon, aangeteken het.

Die vorige Afrika 200 m-rekord (19.68) is deur Namibië se Frank Fredericks gehou, wat sedert die 1996 Olimpiese Spele in Atlanta gestaan het.

Tebogo is nog relatief onervare in topbyeenkomste, maar sy 200-tyd in Londen plaas hom onder die vinnigste ses in die geskiedenis.

Agtien mans het die 200 m vanjaar reeds onder die magiese 20 sekondes gehardloop.

Lyles en Tebogo is sover die vinnigste in 2023, gevolg deur Erriyon Knighton (VSA, 19.72), Zharnel Hughes (19.73, Britse rekord), Udodi Onwuzurike (Nigerië, 19.76), James Dadzie (Ghana, 19.79) en Kenneth Bednarek (VSA, 19.82).

Die topses vinnigste 200-tye in die geskiedenis

1 Usain Bolt (Jamaika, 19.19) Berlyn 2009.

2 Yohan Blake (Jamaika, 19.26) Brussels 2011.

3 Noah Lyles (VSA, 19.31) Eugene 2022.

4 Michael Johnson (VSA, 19.32) Atlanta 1996.

5 Erriyon Knighton (VSA, 19.49) Baton Rouge 2022.

6 Letsile Tebogo (Botswana, 19.50).

Tebogo het onlangs die 400 in sy persoonlike beste tyd (44.75) in Italië kafgedraf. Sy vorige beste was 46.09.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!