Shani Friede, op Rosefield Bobby Shafto, sal haar slag in die B-afdeling wys. Foto verskaf
Shani Friede, op Rosefield Bobby Shafto, sal haar slag in die B-afdeling wys. Foto verskaf

Kapps-baan ontvang ambisieuse skouspringers

Perdesport
Tielman van Lill
Die derde been van die FEI-skouspringbyeenkoms sal vanmiddag by die opgeknapte Kapps Reitsportzentrum van die nuwe eienaars Hans-Joachim Weil en Sheila Buchloh by Kapps Farm begin en tot Sondagmiddag voortduur.

Vier-en-dertig perde en hul ruiters sal die naweek in aksie wees. Onder nuwe bestuur en eienaars hoop die klub om ’n uitstekende grondslag vir ryers soos Kate Alison en Michelle Künzle se mededinging in die 2022 FEI Wêreldskouspringuitdaging te lê.

Alison het in Julie die bronsmedalje by die wêreldfinaal in Boelgarye gewen, terwyl Künzle ook ’n vorige wêreldtitelhouer is. Beide het twee perde ingeskryf.

Die uitleg van die bane word oraloor die wêreld presies dieselfde gedoen.

Ander opkomende jong deelnemers soos Bianca Woker, Shani Friede, sal hul slag in die uitdaging by Kapps Farm wys, terwyl hul landgenote Jenna Gilchrist en Jayd Bassi-Hanssen hul aanslag later vanjaar in Suid-Afrika sal afhandel.

Die byeenkoms sal ook kompetisies in die ontwikkelingsreeks aanbied wat daarop gemik is om die standaard van skouspring op te hef deur die toekenning van blou linte vir ruiters wat foutlose rondes voltooi.

Die hoogtes van die spronge wat die ruiters in die ontwikkelingsklasse moet baasraak om aan die einde van die jaar vereer te word, is 75, 85 en 95 cm.

Die FEI-beoordelaar Jean-Michel Turlot sal toesig hou oor die verrigtinge wat vanoggend begin met die perde wat eers ’n veeartsenytoets moet slaag.

Die verskillende hoogtes vir die senior deelnemers is 1.20-1.30 meter (A-kategorie), 1.10-1.20 m (B-kategorie) en 1-1.10 m (C-kategorie).

Saterdag en Sondag se programme begin op beide dae om 08:00.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!