By die bekendstelling staan van links die bestuurder van Nedbank Namibia se skakelafdeling, Selma Kaulinge; Coca-Cola Namibia se bestuurder van borgskappe en spesiale geleenthede, Antonio Frans; Windhoek Pedal Power fietsklub se verteenwoordiger Nicole Spangenberg; Nedbank Namibia se bedryfshoof Victor Ashikoto; minister Agnes Tjongarero van sport, jeug en nasionale diens, en die Namibiese Fietsryfederadie se president, Axel Theissen. Foto Brian Munango
By die bekendstelling staan van links die bestuurder van Nedbank Namibia se skakelafdeling, Selma Kaulinge; Coca-Cola Namibia se bestuurder van borgskappe en spesiale geleenthede, Antonio Frans; Windhoek Pedal Power fietsklub se verteenwoordiger Nicole Spangenberg; Nedbank Namibia se bedryfshoof Victor Ashikoto; minister Agnes Tjongarero van sport, jeug en nasionale diens, en die Namibiese Fietsryfederadie se president, Axel Theissen. Foto Brian Munango

Kinders en para-ryers by Cycle Challenge betrek

Fietsry
Die immer gewilde Nedbank Cycle Challenge se 38ste weergawe sal op Sondag, 11 Februarie 2024 in Windhoek se middestad aangebied word.

Die Nedbank Cycle Challenge, bekend as “die beste fietsrit onder die son”, is een van die oudste georganiseerde sportbyeenkomste in die land. Sedert sy ontstaan in 1986 het die wedren in gewildheid gegroei onder entoesiastiese fietsryers van alle ouderdomme daag jaarliks op vir die belewenis.

Fietsryers sal soos gebruiklik die keuse oor afstande van 20 km, 30 km, 60 km of 100 km hê.

Die wegspringplek sal die Nedbank-kampus op die hoek van Fidel Castrostraat en Rev Michael Scottstraat wees, en die wedren sal in Onafhanklikheidslaan voor Zoo Park eindig.

Nuwighede wat vanjaar ingestel word, is die kategorieë vir Paralimpiese ryers wat ook aangemoedig word om in te skryf, asook die Kiz Challenge wat die vorige dag (10 Februarie) vir kinders van drie tot tien jaar aangebied word.

Die Kidz Challenge sal ook baanrondtes deur Freedom Plaza insluit (15:00-17:00) terwyl ouers by die Nedbank-kampus hul registrasie vir deelname afhandel.

Minister Agnes Tjongarero, van sport, jeug en nasionale diens, het op gister se nuuskonferensie gesê: “Hierdie geleentheid bring individue van elke vlak van die lewe bymekaar en verenig hulle in ’n gedeelde passie vir fietsry.

Die “Beste rit onder die son” se uitdaging is nie net ’n vertoning van fisieke vermoëns nie, maar ook ’n viering van die menslike gees en die strewe na uitnemendheid, het sy gesê.

Die minister sê die wedren is van deurslaggewende belang vir beide gesoute fietsryers én beginners.

“Ek moedig deelnemers aan om die ware gees van sportmangees by wyse van die Nedbank Cycle Challenge te beleef. Die geleentheid gaan nie net oor wen of verloor nie, dit gaan oor die persoonlike groei wat gepaard gaan met deelname aan die Nedbank Cycle Challenge,” het die minister gesê.

Ter afsluiting het Tjongarero die organiserende spanne bedank.

In sy toespraak het Nedbank Namibië se bedryfshoof, Victor Ashikoto, gesê: “Nedbank Namibia poog aktief en doelbewus om goed te doen in die gemeenskappe wat ons dien, en as sodanig is die bank baie trots op sy rol in die groei van hierdie sport in die nasie. Hierdie jaar heet ons weereens ons hartlik welkom aan parapleegse atlete wat ons met hul vasberadenheid sal inspireer en in drie verskillende kategorieë sal meeding. Hulle teenwoordigheid versterk die idee dat fietsry geen perke ken nie en dat dit inderdaad ’n sport vir almal is.

“Reeds vir 38 jaar is Nedbank Namibië aan die voorpunt van fietsry se groei in Namibië, en ons ondersteun en koester voortdurend die merkwaardige nuwe talent.

“Ons verbintenis het aansienlik bygedra om Namibië as ’n formidabele fietsrynasie in Afrika te vestig,” het Ashikoto gesê.

Die Nedbank Cycle Challenge se vennote sluit in Windhoek Pedal Power padfietsryklub, Coca-Cola Namibia, Namibia Health Plan en PayToday.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!