Klubs ontevrede met NRU-raad
Rugby
Indringende gesprekke oor die pad vorentoe sal later vandeesmaand by die unie se jaarvergadering gevoer word.
Kennisgewing is amptelik ingedien dat ’n mosie van wantroue in die raad van die Namibië Rugby-unie (NRU) as ’n agendapunt by sy algemene jaarvergadering op 26 Maart ter tafel gelê moet word.
Besonderhede van die inhoud van die klagte kon gister nie verkry word nie, hoewel die koerant vanuit een bron verneem het dat minstens tien klubs van oor die land klaarblyklik hul steun vir die mosie van wantroue uitgespreek het.
Twee van die uitsonderings wat bekend is, is Western Suburbs en Kudus. Volgens Suburbs se voorsitter, mnr. Keith Allies, het sy klub asook Kudus van Walvisbaai eers dié week in die wandelgange van dié skuif gehoor sonder dat hulle enigsins in die saak geken is.
Die huidige NRU-raadslede se termyn is nog bestem om tot 2024 voort te duur. “Ons grondwet is op aanbeveling van Wêreldrugby aangepas om by die vierjaarsiklus tussen Wêreldbekers aan te pas, sodat lande se topbestuur nie te kort voor WB-toernooie grootskaalse veranderinge in personeel moet deurgaan nie,” het die NRU-president, mnr. Corrie Mensah, gister aan die koerant gesê.
Mensah sê die raad se voorneme is om teen Vrydag ’n verklaring oor die voorgenome mosie van wantroue uit te reik.
Die huidige NRU-raadslede is Mensah, mnre. Walter Don (visepresident vir bestuursake) en Winnie Christiaans (regsake), mee. Julia Shipahu (finansies en oudit), Talitha Jario (vrouerugby) en Juanita Ockhuizen (Hardap-verteenwoordiger), mnre. Elmo Kurz (Erongo-verteenwoordiger en voorsitter vir kompetisies), James Camm (Sentraal, voorsitter vir hoëprestasieprogramme), Ernst Groenewald (skeidsregters) en Steve van Wyk (Noorde).
Hoewel die ontevrede klubs se klagte nog nie op skrif verwoord is nie, was Mensah se vermoede dat Namibië se afwesigheid in die 2022 Curriebeker eersteliga dalk as die stok ingespan kan word om die raad mee te slaan.
“Dit kan heel moontlik ’n persoonlike vendetta wees. In hierdie ekonomiese klimaat is daar nie ’n ander borg as die Namibië Brouerye wat die miljoene sou kon waarborg wat SA Rugby as voorwaarde vir ons deelname in die Curriebeker gestel het nie.
“Ná ons aansoek aan SA Rugby in Oktober verlede jaar om tot die Curriebeker eersteliga hertoegelaat te word, het hulle ons net drie dae uitstel ná die aanvanklike sperdatum gegee vir die onderhandelinge met ’n borg.
“Die feit dat Kenia, Zimbabwe en Georgië se insluiting ten koste van Namibië later aangekondig is, is oënskynlik wat buitestanders vies maak oor die administrasie van Namibiese rugby.
“As hul groot beswaar die NRU se finansies is, is ek so gereed soos Usain Bolt om enigiemand die stryd aan te sê. Van die beginpunt om ’n voorlegging aan Wêreldrugby te doen oor die begroting vir hul toelaag aan Namibië, die heen en weer onderhandelingsproses en daarna die beheermaatreëls en protokol vir besteding, boekhouding en terugvoering is daar nie beweegruimte nie.
“Persoonlik maak dit nogal seer as ’n mens nie vir geld nie, maar uit passie vir die sport alles in jou vermoë doen om rugby vorentoe te vat. Ek gaan nie ’n veldtog loods om die mosie van wantroue teen te staan nie. Die manne wat bereid is om die groot stap te neem, moet maar hul hand op papier sit. Dan moet ons maar by die jaarvergadering kyk of hul poging die toets van ’n tweederdemeerderheid deurstaan.”
NUWE UITVOERENDE HOOF
Die Namibië Rugby-unie het ná ’n uitgerekte proses die aanstelling van John Heynes as sy nuwe hoof uitvoerende beampte bevestig.
Heynes neem oor by Theo Grunewald, wie se tussentydse kontrak aan die einde van verlede jaar verstryk het.
Heynes, ’n ervare sportadministrateur wat tot nou Krieket Namibië se bedryfsbestuurder was, is aangestel om op 14 Maart met ’n vyfjaarkontrak in diens te tree, ná ’n omvattende proses van onderhoude en voorleggings in oorleg met Wêreldrugby. Die posisie is tevore in die gedrukte en sosiale media geadverteer.
Heynes het gister gesê hy sien daarna uit om die belangrike rolspelers te ontmoet, harmonie in die nasionale rugbyfamilie te bevorder en te verseker dat ’n duidelike plan vorentoe oorgedra word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie