Klubspelers kry hul gholf weer op dreef

Gholf
Omeya-gholfklub het Saterdag rondte 2 van die 2022 Race to Omeya-reeks (geborg deur Namibia Plastics) aangebied.

Die speeltoestande was moeilik met die baan wat uitdagings bied ná al die onlangse reën. Ondanks die kondisies het ’n paar spelers wel goeie telings aangeteken.

Die topdrie was:

1 Ralph Blaauw, 44 punte

2 Jean-Louis van den Berg, 42 punte

3 Fergusson Paulse, 38 punte

Naaste aan die pen: Jan Steenkamp en Wikus Krugel.

Die organiseerders het waardering vir Namibia Plastics wat as die nuwe borg van die reeks toegetree het.WALVISBAAI

Die hawedorp se gholfklub het laas naweek die Multisave Medal-toernooi aangebied, met ’n stewige veld van 44 spelers.

Die beste netto-tellings is deur die junior speler Poena Johnson (60) en nog ’n jongeling, Amandio Sardinha op 66, behaal.

Die beste bruto-prys is deur Kyle Johnson met 69 ingepalm.

Die prys vir die beste stableford is deur Wouter van Wijk losgeslaan, ’n kortkop voor Jordan Wentzel.

• Die Walvisbaai-spelers sal op 26 Maart hul reis vir hul jaarlikse tweestryd teen Tsumeb aanpak om hul trofee te verdedig.

WINDHOEK BUITEKLUB

Die Windhoek Buiteklub het Saterdag die tweede van agt Windhoek Lager Monthly Medley-kompetisies aangebied.

Die reeks word gebruik om die klub se kampioen vir die jaar in die medaljeformaat te bepaal. Die topspelers dring deur na die Toernooi van Kampioene aan die einde van die jaar waarin die beste 24 individue gelykop in twee groepe verdeel word en oor 54 putjies meeding.

Saterdag se kompetisie was goed ondersteun, met deelname van 62 spelers. Die perfekte somerstoestande het tot ’n paar uitstekende tellings bygedra.

Die voorste uitslae was soos volg:

ALGEHELE KAMPIOEN: Toady Gurirab, bruto 79, netto 66.

A-AFDELING (voorgee-indeks 11.9 en laer)

1 Gavin van Wyk, bruto 80, netto 70

2 Marco Vollgraaff, bruto 76, netto 71

3 Inklous Suze, bruto 85, netto 71

B-AFDELING (voorgee-indeks 11.8 tot 16.8)

1 Fanie Oosthuizen, bruto 84, netto 67

2 Borris Erasmus, bruto 81, netto 68

3 Trevor Mills, bruto 84, netto 70

C-AFDELING (voorgee-indeks 16.7 en hoër)

1 Kyle Wait, bruto 101, netto 72

2 Chris van Lill, bruto 96, netto 75

3 Andre Visser, bruto 101, netto 77

VROUE

1 Birgit Schaffitz, bruto 87, netto 69

2 Hansina Hinda, bruto 91, netto 71

3 Natasja Louw, bruto 100, netto 74

Die pryse vir die houe naaste aan die pen is ingepalm deur Ian Wood (putjie 3), Lebeus Kangandjela (putjies 9 en 17) en Paul Grobler (putjie 13). Daar was ook drie gelukspryse, geborg deur World of Hygiene en Namibia Hospitality.

• Die Buiteklub bied komende naweek die Bank Windhoek Onafhanklikheid beterbalkompetisie aan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!