Kolbe oor dáái afgestormde skop
WB-rugby
Die kennis wat Cheslin Kolbe opgedoen het van Tomas Ramos se prosesse as stelskopwerker in die ses jaar wat hulle spanmaats by die Franse klubspan Toulouse was, het die Springbok-vleuel in staat gestel om een van die Franse heelagter se doelskoppe af te storm in Sondagaand se Wêreldbeker-kwarteindronde in die pragtige Stade de France.
Die afstorm-poging deur Kolbe word agterna deur verskeie kenners en ondersteuners as ’n belangrike oomblik uitgesonder in die kragmeting waarin Suid-Afrika met 29-28 baas was.
“Ek dink dit het beslis gehelp dat ek ses jaar saam met Tomas gespeel het en geweet het wat hy doen,” sê Kolbe.
“Ek het als volgens die boek en binne die reëls gedoen. Ek was agter die lyn voordat hy sy aanloop begin het.
“Ek het so vinnig moontlik probeer hardloop om dit af te storm. Ek wou hom so ’n bietjie druk laat voel het.”
Die 29-jarige Kolbe is positief dat sou daardie verbroude doelskop deur Ramos na die TV-skeidsregter verwys word, dit bewys sou word dat hy volgens die reëls opgetree het.
Sy hoofafrigter, Jacques Nienaber, meen Kolbe se afstorm beklemtoon hoe hard die Bokke bereid was om vir mekaar te werk en veg.
“Cheslin se afstorm sien jy nie so dikwels nie – dis soos iemand wat ’n verlore saak najaag,” sê Nienaber.
“Ons was ’n paar keer oopgemaak (op die verdediging), maar die geskarrel en die moeite wat die spelers gedoen het, was enorm.
“Die Franse in Frankryk. Jy kyk na hul bestendigheid. Ons het geweet dit sou ’n behoorlike toetswedstryd wees.
“Al die ander kwarteindrondes is gewen en verloor in die laaste minute van die toets.”
Die Bokke se agterlyn, veral Kolbe, Kurt-Lee Arendse, Jesse Kriel en Damian de Allende, was uitstaande op ’n yskoue aand in die Stade de France waar die meer as 60 000 Franse toeskouers uit die skare van 79 486 wat daar was met tye hul span se sesde rat was met hul gesing, gefluit en lewensdriftige ondersteuning.
Kolbe en Kriel het as verdedigers en met hul aanvallende spel loshande hul voorste individuele vertonings van die toernooi gelewer.
Selfs die beginspan-skakelpaar van Cobus Reinach en Manie Libbok het met hul spel hul insluiting in die beginspan regverdig.
Damian Willemse was op sy beurt so bestendig soos altyd, terwyl ’n plaasvervanger soos Handré Pollard ’n invloedryke bydrae gelewer het deur onder meer met ’n strafdoel van sowat 52 meter te slaag.
Daardie strafdoel was soos Kolbe se afstorm ’n groot oomblik in die kwarteind.
Nienaber was soos die gebruik in vanjaar se WB geword het, versigtig om sy spelers agterna op te hemel toe hy gevra is of dit die voorste vertoning deur sy agterlyn was sedert hy as hoofafrigter in 2020 oorgeneem het.
“Ons het beperkte geleenthede met ons vaste fasette gehad, so krediet aan die Franse,” sê Nienaber.
“Ons het oorgangsaanval gehad; die agterspelers was uitstekend wat dit betref.
“Elke wedstryd is anders, maar die besit wat die agterspelers vandag gekry het, het hulle goed gebruik gebaseer op die fondasie wat die voorspelers gelê het.”
Suid-Afrika se voorspelers het ’n 100%-suksessyfer met hul lynstaanspel en skrumwerk gehad, teenoor die Franse se 83% met hul skrums en 100% met hul lynstane.
Die Franse het wel daarin geslaag om hul balbesit goed te behou om eindelik net 92 duikslae in die toets uit te voer, wat sover die minste in vanjaar se toernooi is, terwyl die Bokke 163 moes uitvoer.
Nienaber erken dat die Franse ongelukkig is om aan die verloorkant te wees en bygedra het om van die kwarteind ’n hoogtepunt van vanjaar se toernooi te maak.
“Krediet aan die Franse eerstens. Ons het geweet dit gaan so taai wees,” sê hy.
“Ek dink almal het geweet dit gaan ’n groot stryd wees. Twee goeie spanne en ongelukkig, of gelukkig vir ons, was ons aan die regte kant van sake.
“Daar was een punt wat dit geskei het. Ek dink die marges was marginaal, maar nee, eer aan ons spelers wat tot die einde daarin vasgebyt het.”
• (KYK Cheslin se drie: twitter.com/rugbyworldcup/status/1713646366939885747)
• Hendrik Cronjé doen vir Netwerk24 oor die Wêreldbeker-rugbytoernooi verslag uit Frankryk.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie