Kolkata Knight Riders verseker David Wiese se dienste
Krieket
David Wiese het die eerste Namibiese krieketspeler geword om ’n kontrak in die Indiese Premierliga (IPL) los te slaan, toe die Kolkata Knight Riders by die IPL-spelersveiling die veteraan veelsydige speler vir die komende seisoen vasgeknoop het.
Die Kolkata Knight Riders het Wiese se dienste vir tien miljoen roepees (nagenoeg N$2 miljoen) vasgeknoop.
Die linkerarm snelbouler Ruben Trumpelmann was die ander Namibiër op die lys van spelers wat by die veiling beskikbaar was, maar is nie opgeroep nie.
Die 2023 IPL, die 16de seisoen van die kompetisie, sal op 25 Maart begin en tot 28 Mei duur.
Die 37-jarige Wiese het reeds tevore in die IPL gespeel, toe hy in 2015 sy debuut vir die Royal Challengers Bangalore gemaak het. In 15 wedstryde daar het hy 127 lopies aangeteken en 16 paaltjies geneem.
Hy is die afgelope jare ’n gesoute veteraan van professionel T20-ligas oor die wêreld heen.
Wiese het sy geboorteland Suid-Afrika van 2013 tot 2016 op internasionale vlak verteenwoordig. Hy het in 2021 vir Namibië begin speel, vir wie hy ook kwalifiseer op grond van sy pa se geboorteplek.
Wiese en Joshua Little (Ierland, Gujarat Titans) was die enigste twee spelers van ICC-assosiaatlande wat kontrakte gekry het. Trumpelmann en die Emirate se draaibouler Karthik Meiyappan is die enigste ander assosiaat-spelers wat by die veiling in oorweging was.
Die 22 gekontrakteerde spelers van die Kolkata Knight Riders vir die komende seisoen:
Shreyas Iyer (kaptein)
Rahmanullah Gurbaz
Rinku Singh
Andre Russell
Sunil Narine
Nitish Rana
Anukul Roy
Venkatesh Iyer
Shardul Thakur
Tim Southee
Lockie Ferguson
Umesh Yadav
CV Varun
Harshit Rana
Shakib Al Hasan
N. Jagadeesan
Vaibhav Arora
David Wiese
Mandeep Singh
Litton Das
Suyash Sharma
Kulwant Khejroliya

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie