Komitee jammer oor toergebeure
Netbal
Die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se netbalkomitee het alle betrokke spelers, ouers en die breër Namibiese gemeenskap om verskoning gevra vir gebeure voor en tydens die o.17-netbaltoer na Johannesburg
Die ontstoke ouers se ope brief is op 10 Mei 2023, in ’n berig in The Namibian onder die opskrif “NSSU under fire for another shambolic trip” gepubliseer.
“Ons vra opreg verskoning aan alle spelers vir die inhoud van die artikel. Ons hoop en vertrou dat ouers, spelers en die breër Namibië ons verskoning heelhartig sal aanvaar,” is dié week in ’n bondige nuusverklaring gesê.
“Ons verseker u dat voorvalle soos dié in die artikel uitgelig, waarin die veiligheid en welstand van u kinders nie prioriteit geniet het nie, nie weer sal plaasvind nie.
“Ons hoop en vertrou dat ons in die toekoms steeds op u samewerking as ouers, spelers, en die breër Namibië kan staatmaak. Verder het ons hoop en vertroue dat u die verskoning sal aanvaar in die gees waarin dit aangebied word.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie