Erik Strauss
Erik Strauss

Komitees vir volgende termyne verkies

Jukskei
Die Namibiese Junior Jukskeivereniging het Vrydag sy algemene jaarvergadering in Windhoek gehou en sy bestuur is vir die nuwe seisoen verkies.

Die voorsitter Christie Horn word bygestaan deur Hendrik Grové as voorsitter, Retha Horn as sekretaresse en die bykomende komiteelede Sunel Naude en Belinda Louw.

Die keurders is Christie Horn, Erik Strauss en Sunel Naude.

• By die Namibiese Skeidsregtersvereniging se algemene jaarvergadering Saterdagoggend is die volgende bestuur vir die nuwe seisoen gekies: Gerhard Coetzee (voorsitter), Francois Boshoff (ondervoorsitter) en Anelda Horn (sekretaresse).

• By Namibië Jukskei se algemene jaarvergadering is die volgende raadslede vir drie jaar tot 2025 gekies.

Erik Strauss (president en bemarking) word bygestaan deur Michael Duvenhage (visepresident), Dries Verwey (direkteur streke en toernooie), Niekie van Staden (direkteur administrasie) en Christie Horn (direkteur finansies en ontwikkeling).

Die lede van die nasionale keurkomitee is Erik Strauss, Francois Boshoff, Gieliana Boshoff, Michael Duvenhage en Christie Horn. Die NJ hoofskeidsregter is Gerhard Coetzee.

Twee van Namibië se lede dien ook op die Internasionale Jukskeifederasie (IJF) se bestuur, naamlik Erik Strauss as visepresident en Christie Horn as direkteur van ontwikkeling.

Namibië Jukskei wens al hierdie lede geluk en voorspoed toe vir die nuwe seisoen.

Vir enige belangstelling aangaande jukskei in Namibië, besoek gerus www.jukskei-nam.com, of Erik Strauss kan by 081 122 2743 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!