Kommentators prys rugbyspan in Frankryk
Wêreldbeker 2023
’n Dramatiese wedstryd met waarskynlik meer TV-hoogtepunte as enige van Namibië se vorige verskynings by ’n Wêreldbeker-rugbytoernooi het gisteraand in Lyon met ’n spannende oorwinning van 36-26 vir die gunsteling Uruguay geëindig.
Dié vegtende vertoning van vaardigheid het heelwat Namibiese eer tuis én oorsee herstel, ná die eensydige pakke slae wat hulle die afgelope weke teen die wêreldreuse Frankryk, Nieu-Seeland en Australië moes verduur.
“Namibië was ongelooflik moedig en het hul lywe op die spel geplaas. Vier wedstryde binne 18 dae teen vlak 1-rugbylande, nadat een speler sy been gebreek het, nog een is geskors, of deur ’n spinnekop gebyt, plus nog ’n paar ander beserings ...
“Indien jy op Walvisbaai of in Windhoek sit en kyk het, kan jy bitter trots op jou span wees,” het die oud-Springbokflank Warren Brosnihan agterna in die SuperSport-ateljee gesê.
“Met drie geel kaarte was daar feitlik geen kans dat Namibië sou wen nie met net 13 op die veld nie. Nogtans het hulle aangehou veg en met twee voorspelers minder was hul skrum meestal stewig. Die hele lostrio was uitstaande ...”
Namibië het tot in die 53ste minuut met 23-19 voorgeloop (rustyd 2012) en het hul wedstrydplan uitstekend bestuur, voordat die geel kaarte vir Aranos Coetzee (vaskop, vir ’n skrumoortreding), Tjiuee Uanivi (kaptein en flank) en Desiderius Sethie (reserwestut, vir ’n hoogvat, vir ’n hoogvat – opgegradeer tot ’n rooi kaart) hul kanse verongeluk het.
Dié gebreke in dissipline het die Franse skeidsregter Mathieu Raynal eenvoudig te veel skietgoed gegee om Namibië mee te teister, met ’n strafskoptelling van by die 17-9.
Nogtans het die 14 Namibiërs tot teen die einde ten volle hul alles gegee en bygedra tot ’n ware Wêreldbeker-skouspel vir die meer as 45 000 toeskouers.
Die Namibiese verdediging het Uruguay tot diep in die tweede helfte redelik tandeloos gehou en het vroeg vrugte afgewerp, toe Gerswin Mouton in die middelveld ’n los bal kon optel nadat ’n Uruguay-beweging skeefgeloop het en van die halflyn af pale toe kon nael. Mouton se drie binne skaars een minuut was een van die vinnigstes in die geskiedenis van die toernooi.
Sy vleuelmaat JC Greyling het met sy 29ste toetsdrie in die alleenhouer van die Namibiese rekord geword nadat hy gelyk met Chrysander Botha was, terwyl Tiaan Swanepoel met sy foutlose stelskopvertoning twee doelskoppe en vier strafdoele bygevoeg het.
Ná die algemene weemoedigheid oor die vorige flouerige vertonings het Namibië met sy ondernemende spel druk geplaas op Wêreldrugby se base, dat die Afrika-spanne meer hoëklas blootstelling tussen WB-toernooie verdien.
Ná 26 opeenvolgende WB-nederlae sedert 1999 het dié een gisteraand op hartseer wyse uit die Namibiese greep geglip. Maar indien Namibië die volgende vier jaar genoeg fokus plaas om werklik kragtige skrumwerkers te identifiseer en te ontwikkel, sal daardie deurbraak vir seker kom en sal dit gewis ’n blye dag wees.

Kommentaar
Readawn Mouton
Namibie het NIE in die 2023 WB-Toernooi teen Australië gespeel nie, maar wel teen Italië