Kompeterende padfietskampioene bekroon
Padfietsry
Tristan de Lange, wat in November sy uittrede as professionele fietsryer aangekondig het, en Vera Looser het gisteroggend onderskeidelik die Nedbank Namibiese nasionale padresiestitels vir elite mans (134 km) en elite vroue (115 km) gewen.
Drikus Coetzee en Melissa Hinz het Vrydagmiddag die elite nasionale individuele tydtoetstitels opgeraap.
De Lange het as ’n gevaarlike buiteperd gefloreer en het gister net-net vir Coetzee in ’n naelresies na die eindstreep geklop. De Lange het agterna gesê: “Die resies was alles wat ’n nasionale kampioenskap veronderstel is om te wees, met ’n balans in elke opsig wat die roete betref, ’n goed georganiseerde byeenkoms en ’n haastige tempo in die resiese.
“Die mansresies was positief en almal van ons aan die voorpunt het dinge laat gebeur. Ons het mekaar op ons tone gehou en mekaar die hele pad getoets. Op die laaste baanrondte het ek en Drikus weggebreek en dit uitgespook eindstreep toe. Dit is altyd ’n plesier om teen hom in ’n wedren te wees.”
Vir die derde plek gister het Ingram Cuff ’n resies van sy eie teen Alwyn Steenkamp beklink. Die twee was ’n hele sewe minute voor Hugo Hahn, die o.23-manswenner wat laas jaar algeheel tweede ná Coetzee klaargemaak het.
Coetzee het gesê: “Ek het vandag sterk gevoel en ’n goeie resies gehad, maar ongelukkig kon ek nie die knoop deurhaak nie. Ek het geweet dit gaan ’n moeilike een wees as dit op ’n naelrit uitloop. Aangesien ek nie so vinnig kan versnel nie, is die afstand vir my te kort.
“Ná die eerste rondte het ons ’n wegbreek van ses renjaers bewerkstellig. Met die klimme op die Kuperfbergpas het ek probeer om ons voorste groep te verklein.
“Ek het probeer om van al my mededingers ontslae te raak om ’n naelrit na die eindstreep te vermy. Met 14 km oor van die wedren het ek nog ’n aanval geloods met net Tristan wat bygehou het.
“Ons het saam tot by die laaste 500 meter gery met ’n sterk wind van voor af. Ek het ’n kans gewaag om die naelloop na die wenstreep te lei, maar Tristan is ’n topklas versneller en hy het my geklop om die padtitel te verower. Welgedaan Tristan!”
VROUE PADRESIES
Looser se reaksie gister: “Ons het op die oomblik ’n goeie klompie vroueryers bymekaar. Die padresies was aanvanklik nie baie positief ingestel nie, met Belinda van Rhyn wat die eerste aanval geloods het om te probeer wegbreek vir twee rondtes op haar eie. Ons het haar ingehaal en ek het vir die laaste rondte saam met Melissa weggebreek en het haar toe in die laaste versnelling geklop.”
Anri Krugel was derde en Courtney Liebenberg vierde. Die topvier Namibiese vroue is reeds aangewys om by die Afrika-padfietskampioenskap in Accra, Ghana te gaan meeding (8-12 Februarie).
TYDTOETS
Vrydag het Coetzee vir Jean-Paul Burger, die verdedigende 2022-kampioen, met 66 sekondes oortref om die 40 kilometer in 56 minute en 29 sekondes (56:29) te voltooi. Hy spog nou met vyf nasionale tydtoetskampioenskappe in die laaste ses jaar op sy immer groeiende getuigskrif.
Burger was die tweede vinnigste in 57:35, terwyl Hardus Nel met 1 uur 02:57 op die stophorlosie die derde plek inneem.
Coetzee het aan Republikein gesê: “Ek het geweet ek moet JP vang en dit het ná 20 km gebeur. Van daar af het ek dinge rustiger gevat en voor JP gery om my bene vir Sondag se padresies te spaar.
“Die toestande was uitstekend, maar die roete was beslis moeiliker as die vorige jaar, met baie sleur op die klimme. Kyk, ek is ’n langafstand-uithouritryer en die vinnige pas van padwedrenne is besig om die oorhand te kry.”
• In ’n ligte verrassing kon die sewemalige nasionale tydtoetskampioen Vera Looser weens ’n ligte besering nie dié titel suksesvol oor 20 km verdedig nie. Sy het wel derde in 32:37 te eindig ná Hinz (31:33) en Anri Krugel wat in 32:12 tweede was.
Hinz (31:33) het hard vir haar goue medalje gewerk. Sy het ook in 2020 die nasionale tydtoetskampioenskap gewen.
ANDER TYDTOETSRESULTATE (UCI-kategorieë)
Onder 23 mans (40 km): 1 JG van der Westhuizen (1:05:46), 2 Simon Kaita (1:06:55), 3 Ethan L’Strange (1:07:18).
Junior mans (20 km): 1 Kevin Lowe (28:48), 2 Daniel Hahn (29:49), 3 Theuns van der Westhuizen (30:56).
Onder 23 vroue (30 km): 1 Monique du Plessis (34:32), 2 Olivia Shililifa (36:38).
Junior vroue (20 km): 1 Angela Kamati (43:50), 2 Laura Engling (44:08), 3 Sithembile Monga (56:20).
PADWEDREN-UITSLAE (UCI-kategorieë)
Elite mans: 1 Tristan de Lange (3:18:15), 2 Drikus Coetzee (3:18:15), 3 Ingram Cuff (3:20:46).
Onder 23 mans (134 km). 1 Hugo Hahn (3:27:29), 2 JG van der Westhuizen (3:41:06), 3 Simon Kaita (3:51:04).
Junior mans (96 km): 1 Kevin Lowe (2:42:06), 2 Daniel Hahn (2:42:06), 3 Theuns van der Westhuizen (2:42:08).
Elite vroue: 1 Vera Looser (2:45:49), 2 Melissa Hinz (2:46:20), 3 Anri Krugel (2:47:16).
Onder 23 vroue (115 km): 1 Olivia Shililifa (2:49:20), 2 Monique du Plessis (2:49:26).
Junior vroue (77 km): 1 Eden Spangenberg (2:39:32), 2 Angela Kamati (3:01:54), 3 Laura Engling (3:03:53).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie