• Tuisblad
  • Sport
  • ‘Konserwatiewe plan sou nie agterstand uitwis’

‘Konserwatiewe plan sou nie agterstand uitwis’

Wêreldbeker-rugby
Andrew Poolman
Die eindtelling van 52-8 teen Italië het hoër geëindig as wat Namibië dit graag in hul openingswedstryd by die Wêreldbeker wou sien, maar afrigter Allister Coetzee sê ’n konserwatiewe plan om die telling laag te hou, sou nooit teen die Azurri werk nie.

“Ons was definitief in die wedstryd vir omtrent 50 minute. Ons het goeie druk toegepas,” het hy by die nuuskonferensie ná Saterdag se wedstryd in Saint-Étienne gesê.

Coetzee is gevra oor die rol wat riskante spel gespeel het om tot die groter punteverskil by te dra, nadat sy span rustyd net met 17-8 agter was.

“Ek veronderstel as jy met 20 punte agterloop, behoort jy ingestel te wees om drieë te druk en meer kanse te waag.

“Italië is ’n span teen wie jy meer as 35 punte moet aanteken as jy ’n wenkans wil staan. Om konserwatief te speel, sal nooit die gaping vernou nie.

“’n Mens moet dit in perspektief sien. Hierdie Italië-span speel Sesnasies en gemiddeld 10-12 toetse per seisoen, terwyl Namibië net omtrent twaalf in die afgelope vier jaar gespeel het.

“Dit is positief dat ons span nooit gaan lê nie en aanhou veg.

“Die fisiekheid by die kontakpunte verskil baie tussen die wêreld se vlak 1 of 2 spanne.”

Coetzee erken dat sy span nie hul dissipline kon volhou nie. Namibië kon ook nie in die vaste spel op ’n gelyke voet meeding nie en het gesukkel om die Italiaanse lynstaandrywe te keer.

“Ek dink ons het nege kanse in hul kwartgebied gekry en hiervan het ons twee keer punte aangeteken. Dis nie asof ons geen kanse geskep het nie, maar weens gebrekkige dissipline kon ons nie genoeg hiervan afrond nie.”

NIEU-SEELAND WAG VOLGENDE

Damian Stevens, skrumskakel, is deur die media uitgevra hoe hy ná die wedstryd voel.

“Ek voel redelik goed. Ek het verwag dit sou veel moeiliker wees as wat dit werklik was. Dit was net simpel verlore balbesit of onnodige strafskoppe wat ons onder baie druk geplaas het.

“Afgesien hiervan dink ek ons het baie goed gespeel. As ons ons balbesit beter kan beskerm en minder strafskoppe afstaan, kan ons behoorlik meeding.”

Stevens sê hy en sy spanmaats verwelkom die Wêreldbeker-verhoog. “Dis nie aldag dat ons as Namibiërs voor so ’n groot skare kom speel nie. Dis ’n lekker ervaring vir ons.”

Om komende Vrydag in Namibië se volgende wedstryd teen van sy helde opgeweeg te word in die All Blacks-span wat teen Frankryk met 13-27 verloor het, het Stevens gesê: “Dis iets groots vir ons. Ons is aanhangers van hulle, want ons sien hulle elke naweek speel in die groot kompetisies waar ons graag eendag wil speel.

“Maar ons is nou hier, so ons kan nie op so ’n manier na hulle kyk nie. Ons is nou mededingers.

“Dit sal ’n wonderlike ervaring wees om onsself teen daardie spelers te meet, om te sien waar ons kan verbeter en wat ons kan bereik.”

• Wedstrydverslag binne in Sport Wrap.

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 3 vs 1 Southampton | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A