Krytvegters woeker in Gauteng
Gevegsport
Namibiese krytvegters het foutloos op dag 1 van die Internasionale Gemengde Gevegsportvereniging (IMMAF) se Afrika-kampioenskap by die EFC Performance-instituut in Johannesburg presteer.
Jason Beukes (vlieggewig 56.7 kg), Veja Hinda (veergewig 65.8 kg) en Geraldo Bok (liggewig 70.3 kg) sal almal vandag in die semifinale rondte meeding.
Beukes was die enigste wat gister ’n loslootjie gehad het en nie in aksie was nie. Hy is bestem om vandag die eerste Namibiër in aksie te wees (geveg nommer 4 op die program), teen Mathys du Randt van Suid-Afrika. Die enigste ander inskrywing in dié gewigsklas is nog ’n Suid-Afrikaner, Philani Shabalala.
Hinda het gister ná net 2 minute 22 sekondes van die eerste ronde sy eerste geveg teen Tresor Nusampa gewen deur die man van die DRK in ’n greep tot oorgawe te dwing. Hinda sal vandag in die semifinaal teen Geraldo Moïse van Mauritius te staan kom.
Bok het Vedaman Canee van Mauritius in sy eerste geveg ná 1:44 in die tweede ronde op die mat vasgepen en met houe gepeper, waarna die skeidsregter die geveg stopgesit het. Bok is ook deur na die semifinaal waar Zimbabwe se enigste vegter in die toernooi, Lewis Mataya, hom sal inwag.
Vegters van sewe lande is in Johannesburg in aksie, naamlik Namibië, Angola, Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), Mauritius, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe.
“Ek vat dit een geveg op ’n slag, maar die goue medalje is binne bereik. Ek voel baie geëerd om Namibië hier te verteenwoordig en sien daarna uit om die wêreld te wys dat ons land ’n faktor is om mee rekening te hou in die vegsport, wat nog in ’n groeistadium in Afrika is,” het Hinda agterna gesê.
Bok het in sy media-onderhoud ook sy waardering uitgespreek vir die kans om Namibië in die vegkryt te verteenwoordig. Hy het ook vertel dat hy tot op hoërskool eers ’n rugbyspeler was voordat hy die veghandskoene aangetrek en sy fokus hierop verskuif het.
Die drietal Namibiërs is almal lede van die gerekende afrigter Carlos de Sousa se klub Sousa MMA Studio in Windhoek. Die Afrika-kampioenskap loop môre ten einde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie