Kurkprop bederf ryer se geskiedkundige oorwinning
Padfietsry
Die fietsryer Biniam Girmay van Eritrea het Dinsdag geskiedenis gemaak deur die eerste swart Afrikaan te word om ’n Grand Tour-skof te wen, maar hy moes daarna die hospitaal besoek omdat hy homself beseer het terwyl hy op die podium feesgevier het.
Girmay (22) het Mathieu van der Poel in ’n naelrit oor die eindstreep geklop om die tiende skof van die Giro d’Italia-fietstoer te wen.
Maar hy het ’n nuuskonferensie ná sy oorwinning misgeloop om die hospitaal te besoek nadat hy homself op die podium in sy linkeroog met ’n Prosecco-kurkprop raakgeskiet het.
Volgens sy Intermarche-Wanty-Gobert-span het hy later teruggekeer om sy oorwinning saam met sy spanmaats te vier, maar intussen is aangekondig dat die besering hom gedwing het om hom aan die toer te onttrek.
Girmay maak sy Grand Tour-debuut in vanjaar se Giro d’Italia.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie